Op 1 Junie 2012 sal ek tien jaar in ‘n verhouding met NG Kerk Mindalore wees. Ek onthou nog die dag toe Ds Herman Retief my gevra het of ek bereid sal wees om Mindalore toe te kom. “Net vir drie maande, want die gemeente is besig om haar deure te sluit!”
Ek was maar moedeloos, want vir vyf maande was ek werkloos en al waarvoor ek goed genoeg was, was om ’n gemeente te help om deure toe te maak!
God het egter ’n ander plan gehad! Hy het ’n belofte aan die gemeente gegee: Jer. 33:6-9 – 6 “Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle ‘n sterk veilige vesting bou. 7Ek sal die lot van Juda en Israel verander en vir hulle kinders gee soos vroeër. 8Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het. 9Dit sal my Naam groot maak en aan My blydskap verskaf, aan My Lof en eer gee voor al die nasies van die aarde wanneer hulle hoor van al die goeie Ek vir my volk gedoen het. Die nasies sal bang wees en My dien oor al die goeie wat Ek doen en oor die vrede wat Ek vir Jerusalem gee.” En glo my, God hou Sy beloftes!!
God het vir my gewys dat Hy Mindalore gaan salf en dat Mindalore se lidmate ’n salwing sal wees vir ander mense, en dit gebeur!
In hierdie 10 jaar het baie goeie (en hier en daar slegte) dinge gebeur, maar deur dit alles het ek nie lidmate in Mindalore ontmoet nie, maar ware vriende!
Die mense van Mindalore het my aanvaar vir wie ek is en saam met my die verantwoordelikheid geneem om in die eerste plek, gehoorsaam te wees aan God en Sy roeping vir Mindalore en in die 2e plek om mekaar aan te spoor om te groei in ons verhouding met God.
Laagte punte van my 10 jaar was onder andere my egskeiding, die bedrogsaak van ’n Kassier en natuurlik die lidmate wat afgesterf het wat my familie geword het.
Hoogte punte is by verre meer as die laagtepunte. Heel eerste is dat die gemeente nie net vir 3 maande bly voortbestaan het nie, maar nou al vir 10 jaar. Die geweldige positiewe kerkraad en hulle ondersteuning. Die Jubelfees wat van ‘n kermis by die kerk gegroei het tot ‘n Cars in the Park – Westrand!
Soveel mense wat tot bekering gekom het. Soveel mense wat genees is van seer in hulle lewe. Ons Jeug se positiewe gesindheid teenoor die kerk en veral teenoor God.
In hierdie 10 jaar het ek ook beleef hoe God ENIGE persoon kan gebruik in Sy diens, al wat Hy vra is ‘n JA.
Die Kampe wat in ons gemeente gehou word is werklik elke keer ‘n groot sukses. Ons gemeente se 40 Jaar dinee en die lekker saamwerk met elke ander funksie en dan is daar nog baie meer!
Toe ek in Mindalore gekom het en teen die see van vreemde gesigte vasgekyk het, het ek gebid “Here, maak my lief vir hierdie mense, soos wat U lief is vir hulle!” en glo my Hy HET.
Dankie vir ELKEEN wat in die 10 jaar deel was van my bediening in Mindalore. Ek is voorwaar die mees bevoorregste predikant en is bederf met ‘n fantastiese gemeente.
Mag God altyd in gehoorsaamheid gedien word in Mindalore.
“No-Limits with God!”
Nog Sielskos vir die Lewenspad
Wikkel Jou Tone
Voetspore
Jairus en Jesus
Dis jou Beurt – as gebou van God is ons Dissipels
Julle Sal Krag Ontvang
Nuwe Plasings
Plasing No 0083