Feesviering – 42 Jaar

Vir Twee en Veertig jaar kyk God na hierdie klein kuddetjie van Hom. ‘n Spesiale kudde waar mense vir mekaar lief is en werklik omgee.  Ons as Mindalore is dankbaar vir ons Vader se genade en se ontferming oor ons. 

 Op 20 Januarie 2013 het ons, ons 42e verjaarsdag gevier met ’n Nagmaals-diens waarin die Jaar tema van Joël 2:11 naamlik dat “dié wat God se bevel uitvoer, sterk is”, behandel is.

Na die diens het ons voortgegaan met ’n heerlike gemeente ete!  Die tafels het behoorlik gekreun onder al die geregte wat die dames voorberei het.  Ons het so lekker ge-eet en gekuier en nie eers agter gekom hoe vinnig die tyd verby gevlieg het nie.

Mindalore is ‘n familie gemeente. Hierdie jaar gaan ons as gemeente werklik skouer aan die wiel sit om die bevel van God vir ons gemeente uit te voer, sodat ons ‘n sterk gemeente sal word, wat bruikbaar sal wees vir God en wat ‘n verskil in hierdie wêreld sal maak! Soos ons leuse sê: Met God by ons, kan ons nie ingeperk word nie. “No Limits – With God”

Sien Ook
40 Jaar Afsluitingsdinee
40 jaar van God se Alomteenwoordigheid
Plasing No 0174

Foto Danksy Prawny

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *