Afvalpapier Insameling

Ons Mpact-papierdrom is een van die maklikste maniere waarop ons fondse kan genereer. Dit is nie ‘n groot hoeveelheid geld per volle trommel nie, maar dit neem net ‘n paar maande om dit vol te maak. Ons kan almal ‘n bietjie beter doen om papier- en papierverpakking (soos pilkassies) en ander dun kartonverpakking te herwin. Koerante en ‘witpapier’ word ook gebruik.

Ons kan die inkomste van hierdie bron maklik verdubbel as ons net almal net ‘n klein bietjie moeite doen. Persoonlik gebruik en ‘n supermarksakie en alle papier, pilkassies, eier houers en ligte karton en koerante. Dis verstommend hoe veel jy kan in ‘n week versamel.

Gooi die goed in die drom en dan kan die plastieksak weer gebruik vir die volgende week. Ons drom staan nou om die hoek in Hendrik Potgieter Straat.

  • Een Ton afvalpapier wat herwin word spaar die land
  • 26,000 liters water
  • 1300 liters ru-olie
  • 3 kubieke meters “Landfill”

Lees alles oor hoe ons papier word geprosseer deur Mpact

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wen n Jag Naweek
Pienk Bladsye
Plasing No 0059
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.