Belydenis Aflegging – 2012

In hierdie maand op Sondag 4 November 2012 gaan daar ses jongmense belydenis van hul geloof doen. Soos die gebruik is gaan hulle openlik voor ‘n “groot skare geloofsgetuies rondom hulle” (Heb 12:1) hardop getuig oor hul geloof in die drie enige God wat hulle aanbid.

   Met die belydenis gaan die ses jong mense (Megan Van Dyk, Sonika Viljoen, Koenraad De Buys, Brandon Robberts, David Huysamen en Dewald De Jager) dus ook verklaar dat hulle opreg is in hul voorneme om in hierdie belydenis te volhard. Daarmee gepaard beteken dit ook dat hulle van voorneme is om te groei in hul geloof as gelowiges en lidmate van die kerk.

   Indirek word daar in die “formulier vir openbare belydenis van geloof” verwys na die kerk se belydenis skrifte. Hier praat ek dan spesifiek van die Heidelbergse Kategismus. Dis ‘n groot woord wat die ouer mense in die kerk behoort te ken. Vandag word daar egter nie meer so groot klem op dit gelê in die Sondagskole nie. Dit is ‘n jammerte oor die kategismus eintlik die kern van die gereformeerde leer is.

    Geskiedenis van die Heidelbergse Kategismus.

Frederik III het in 1559 keurvors geword van die Palz. Op daardie tyd was daar die groot en klein katgismus van Luther en die katgismus van John Brenz in gebruik. Die kategismus was egter op sommige punte nie ooreengestem nie. Daarom het Frederik III in 1562 opdrag gegee dat ‘n nuwe Kategismus vir die Palz opgestel word. Dit was toe behartig deur ‘n kommissie van baie persone van verskillende nasionaliteite en ampte in ‘n samewerking met die teologiese fakulteit van Heidelberg en kerkleiers van die Palz. Op 18 Januarie 1563 is die Heidelberge Kategismus goedgekeur en onderteken.

   In 1618/19 tydens die sinode van Dordrecht, met afgevaardigdes vanoor die hele Europa, is daar verklaar dat die Heidelberge Kategismus volledig Gereformeerd is. Tot vandag toe nog het die Heidelbergse Kategismus groot waarde en is daar op ‘n keer as volg daarna verwys: “The Catechism has stood the test of time, and its biblical faithfulness has made it one of the the most loved catechisms of history” (Klooster 1990:119)

   Doel en Sentrale Boodskap

Frederik III wou ‘n positiewe belydenisskrif hê wat bo alles Skriftuurlik was. In die voorwoord is daar drie doelstellings waaraan dit moes voldoen: ’n raamwerk vir kategese onderrig; ‘n riglyn vir predeking en ‘n konfessionale vorm van eenheid. Die sentrale boodskap is die van enigste troos in lewe en sterwe, die troos wat elke ware gelowige mag bely en waarin ons moet groei en waaraan die hele wêreld soveel behoefte het.

   Sieninge rondom die Heidelbergse Katgismus

Soms word die stelling gemaak dat ons belydenisskrifte verouderd is en slegs historiese dokumente is wat geensins iets beteken vir vandag se lewe nie. Die stelling is so verkeerd en onwaar, want ons belydenisskrifte was nog nooit soveel meer van waarde en toepassing as juis vandag nie omdat dit die ewige waarhede van God se Woord bely. Deur al die eeue het die kerk en gelowiges voortdurend te make met dwaalleringe en ander sake wat die evangelie probeer diskrediteer. Juis daarom behoort ons die waarde van die Heidelbergse Kategismus meer te beklemtoon. Afgevaardigdes van die Engelse kerke in die Dordrecht sinode van 1618/19 het as volg gereageer op die Heidelbergse Kategismus: “Die Nederlanders het ‘n boekie wat meer werd is as al die goud in die wêreld.”

   Ten slotte wil ek maar net sê dat elke gelowige tog maar tyd sal inruim om so af-en-toe weer deur die Heidelbergse Kategismus sal lees. Juis vanwee die Skriftuurlike waarhede wat daarin vervat is het dit ewigheids waarde vir ons almal, klein en groot.

So my gebed aan die 6 jongmense (Megan Van Dyk, Sonika Viljoen, Koenraad De Buys, Brandon Robberts, David Huysamen en Dewald De Jager) is dat julle sal hou by julle belydenis waarvoor julle “JA” gesê het. Mag ons hemelse Vader julle omvou in Sy liefde en mag die Heilege Gees julle altyddeur leer en lei en mag die res van die groot skare geloofsgetuies (lidmate van NG Mindalore) julle ondersteun in die geloofspad waarop julle gaan beweeg.

Nog Sielskos Vir Die Lewens Pad
Die Einde van Alles
Rubrieke Artikels end Leesstof
Bring My Die OU OU Tyding – Feite van Jesus se Geboorte

Plasing 0121

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *