Boemelaars

Ek sien nou die dag ‘n boemelaar by die verkeerslig. Dit het my laat dink dis hoe ons voor God moet wees. Ons moet nederig afhanklik van Hom wees. Ons moet ons oog op Hom en Hom alleen gerig hou. Ons staan elke dag bakhand voor God om vars nuwe genade en krag van Hom te kry. “So sê Hy wat hoog verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam Heilige is : Ek woon in ‘n hoë plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederinges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.” Jesaja 57 v 15


Om afhanklik te wees is ook ‘n tammeletjie, want ons wil tog in niemand se oë kyk vir iets nie. God sê in Sy Woord
“Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hul van God is.“ Matteus 5 v 3
“Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12 v 15 NLV. Hy sal daagliks vir julle alles gee wat julle nodig het, as julle die koningsheerskappy van God julle primêre belang maak. “Waar jou skat is, sal jou hart en gedagtes wees.“ Lukas 12 v 34
Leef elke dag in nederige afhanlikheid van God Sy liefde uit.

Augustinus het gesê : “Hy wat met liefde gevul is, is vol van God self.”
Kom ons kyk na mense deur God se oë. Wat God maak is goed. “Toe het God na alles gekyk wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.“ Genesis 1 v 31
“Jesus het hom geantwoord: Die belangrikste gebod is die volgende: Luister, o Israel, die Here ons God is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse gemoed en jou totale verstand en met al krag. Die tweede is netso belangrik : Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.“ – Markus 12 v 29 – 31 NLV
“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en bid vir die wat julle vervolg. So sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers die son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat Sy reën val op die wat reg doen, maar ook op die wat verkeerd doen.“ Matteus 5 v 44 – 45 NLV.
“Julle moet aan niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.“ 1 Johannes 3 v 8

Lekker bedel en uitdeel wat julle ontvang!

Duimpie

Nog Sielskos vir die Lewensreis
Sement
God Hou Sy Woord en Beloftes
God Se Vyf Vinger Plan
Nuwe Krag

Plasing 0071

Leave a Reply

Your email address will not be published.