Dankbaarheid

Ek Sit nou die oggend in die verkeer vas en ek hou die mense gesigte dop. Sjoe, wat ‘n ontnugtering! Ons is darem baie ondankbaar. Kyk hoe lyk ons as ons oppad is werk toe. Ons het baie om voor dankbaar te wees, maar wat doen ons? Ons wil net meer hê, of beter wees of wat dit ook al is wat jou ongelukkig en ondankbaar maak.

Wees bly en dankbaar jy het nog ‘n werk, jy het ‘n veilige plek en goeie skool waar jy jou kind kan aflaai! Ek weet dis goor om jou kind af te laai, maar wees dankbaar!

Ons aanbid ‘n Lewende Almagtige God. Party ouens het nie eers daardie voorreg nie! Hul is nog op ‘n dwaalspoor. Luister bietjie wat sê God se Woord oor jou

“Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U na hom omsien? U het hom ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak. U het hom met aansien en eer bekroon, U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan Hom onderwerp.” Ps 8:5 – 7

Ons sing in die kerk
“Kom dank nou almal God, met hart en mond en hande,“
en
“Ek wat vergifnis Heer, ontvang het, sing dankbaar my verlossings lied,”
 en
“Here hoe blymoedig en in dank oorvloedig, maak U my die hart.”

Kom ons doen wat ons sing.

“Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.” – Judas v21

Wat meer wil ons hê?
“Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm die wat by Hom skuil.”
-Spreuke 29:5

As jy nou ‘n bietjie sukkel, weet dat God is in beheer!! Wees dankbaar want Sy Woord sê in
Jeremia30: 24b “Daar kom ‘n tyd dat julle dit alles sal begryp.”

Kom ons leef in 2012 as dankbare kinders van God.

Groete

Duimpie

Nog Sielskos vir die Lewenspad
Ek Wil Die Here Loof
Geloof en Rykdom
Ondankbaarheid
Nuwe Plasings

Plasing No 0089

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *