Die einde van alles!…. of is dit?

Uiteindelik is ons hier. Die jaar 2012 waar alles tot ’n einde gaan kom.  Dis wat die wêreld glo en hulle kan dit ook nog bewys!  Sien is glo! Kyk na die Maya kalender, die planeet wat die aarde moontlik gaan tref, die son wat uit sy nate gaan bars, die vastelande wat teen ’n spoed gaan losbreek en ook ’n spesifieke oplyning van Sonnestelsels wat net een maal in 26 000 jaar plaasvind. Allerhande katastrofiese dinge wat gaan gebeur!  Die einde is naby!

NASA het oproepe ontvang van vreesbevange kinders en ouers wat hulself om die lewe wil bring omdat hulle nie die einde van die wêreld wil belewe nie.  Miljoene rande word aan navorsing spandeer om te bepaal of dit werklik is of nie, mense raak vreesbevange oor wat op hulle wag. Is daar enige kans op oorlewing.  Wat kan ons doen om dit te voorkom!

Hoekom 21 Desember 2012? Wie is al hierdie profete wat dinge so akkuraat of dalk totaal verkeerd voorspel?  Wel een ding staan soos ’n paal bo water, hierdie profete het die wêreld in rep en roer! Almal praat daarvan en almal wonder!

Die goeie nuus is dat die Bybel al 2000 jaar terug voorspel het dat die wêreld gaan eindig en dat niemand die uur sal weet nie! Net God, die Vader, alleen weet dit!

“Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.“ 2Petr 3:10 AOV.

   Wat vir my so fantasties is, is dat die slim mense presies sê wat die Bybel sê, byvoorbeeld dat die Son gaan ontplof en alles verbrand.  Ai, hulle hou hulle slim, maar hulle moes maar net die Bybel gelees het. Dus, ja, die aarde se einde is naby en ja, dit gaan verbrand, maar nee, niemand weet wanneer nie!

Maar wat staan ons te doen? Leef jou lewe! Doen alles wat jy altyd graag wou doen en maak seker dat jy nie een oomblik van elke dag mis nie! 

“Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag” Deut 30:19 AOV.

Nog Sielskos Vir Die Lewens Pad
Persoonlike Getuienis – Deel Een
God Is Met Mindalore Oppad
Evangelisasie

Plasing No 0077

Leave a Reply

Your email address will not be published.