Die Menslike Drie – Eenheid

Ek het al baie gewonder wat die Bybel bedoel dat die mens uit liggaam, siel en gees bestaan.  1 Tess 5:23 stel dit so “Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus weer kom!”

Ons mense is in 3 dele verdeel;

Die Liggaam

Die Liggaam is die vleeslike gedeelte van die mens wat ingestel is op basiese behoeftes en welstand soos kos, klere, geld.   Die liggaam word beheer deur die sintuie van Sig, gehoor, reuk, smaak en gevoel. Die liggaam het basiese versorging nodig om te kan bly bestaan en is net tydelik.

Die Siel

Die siel van die mens is die gedeelte wat jou maak wie jy is, jou persoonlikheid, en karakter, dit wat jou uniek maak ten opsigte van ander mense.  Die siel is die deel van die mens wat besluite neem, jou verbeelding, emosies, denke, jou ervaring van jouself en ander mense.  Die siel word beinvloed deur jouself, ander mense en gebeure en is ook net tydelik

Die Gees

Die Gees is die enigste deel van die mens wat jy nie kan sien nie.  Al hoe jy die gees van die mens kan sien is deur die vrug wat die mens dra en ook die manifistasie van die gawes van die gees.  Die geestelike deel van die mens is Geloof, Lofprysing en aanbidding, gebed, heiligheid, Openbaring, begeerte na God. Die gees van die mens is ewig en is die enigste deel van die mens wat in die ewige dood of ewige lewe ingaan.

Dit is hoekom Esegiel 36:26 sê: Ek (Jahwe) sal vir julle ‘n nuwe hart  EN ‘N NUWE GEES GEE”

Ons as mens kan nie in God se teenwoordigheid ingaan as ons nie die NUWE hart en NUWE gees ontvang het nie. 

   Daarom, 1Joh 2:27: “Sy GEES leer ons ALLES!”Omdat God se Gees met ons nuwe gees kan komunikeer kan ons gees ons liggaam en ons siel lei om aan God gehoorsaam te wees! Ons kan nie ons verhouding met God baseer op hoe ons ons liggame versorg, of op ons emosies nie, maar slegs op ons geestelike opregtheid!

Liefde Groete

Henning

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Gebeds Uur – Deel een
Gebeds Uur – Deel Vier
Leef Uit Jou Gawes
Klippe en Die Rots
Plasing No 0158
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

One thought on “Die Menslike Drie – Eenheid

  1. Baie dankie Henning. Dit is eenvoudig, welgestel en verstaanbaar. God is groot, veral in die gees, so kan ek sy openbaring verstaan en daagliks beleef. Seënwense.

Leave a Reply

Your email address will not be published.