Die No-Limits Groet Oom Jan.

   Dit was met skok wat ons die nuus van Oom Jan gekry het wat op Woensdag 9 April oorlede is na ‘n motorfiets ongeluk.  Oom Jan het baie diep spore in die No-Limits getrap en was sedert September 2006 die Jeugouderling van Mindalore. Na 7 jaar in die pos het hy verlede jaar die verantwoordelikheid aan Riaan Erasmus oorgedra omdat Jan en Anne-Marie hulself gereed gemaak het om na Swaziland te verhuis vir Sending werk. 

Onder Jan se leiding is die “No-Limits” formaat verander om baie meer Jeug vriendelik te wees en is die Senior Jeug  vanaf Januarie 2008 verskuif na 18:00 Sondag aande en nie meer 07:45 op Sondag oggende voor die diens nie.  Aanvanklik was daar baie teenkanting teen die besluit maar baie vinnig het die skuif vrugte af gewerp en het die bywoning van die No-Limits gegroei tot diep in die 80%.

  Oom Jan het ook die No-Limits hanteer deur verskeie voorgeskrewe boekies en was verantwoordelik vir die saamstel van verskeie lesings wat op die Jeugkampe aangebied is.  Oom Jan het ‘n hart vir Mindalore se kinders gehad en hy het als in sy vermoeë gedoen om die evangelie van Jesus Christus aan hulle te verkondig.

  Ons harte is seer en ons gaan hom baie mis, maar ons sê dankie aan God vir ‘n “stunning” Jeugleier!  Soos een van die kinders gesê het: “Ons is hartseer, maar nou sing oom Jan “Nuwe-Mens” saam met Jesus!

Baie sterkte aan Tannie Anne-Marie, De Wet, Melandri en Juan
Ander Leesstof oor Swaziland

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Phemba – Plek Van Hoop
Gaan Dan Heen
Swaziland SOS Village
Agtergrond van Swaziland Reformed Church
Besoek Aan Swaziland
Die Groot Opdrag
Plasing No 0304

Leave a Reply

Your email address will not be published.