Eetgoed vir die Troepies

Een van die Bedienings waarby Mindalore betrokke was, was “Eetgoed vir die Troepies” . Baie van ons ouer mans wat op die grens was sal hierdie pakkies van die tannies baie goed onthou! Daardie ietsie van die huis af om vir ‘n oomblik van die “boskos” en “Ratpacks” te vergeet. Daar was baie moeite gedoen van die kerk se kant af met die Pakkies. Die boodskap van die pakkie was om vir die man in uniform, ver van sy huis en dierbares af te se: “Ons dink aan jou, ons het jou nie vergeet nie, ons is lief vir jou, verlang na jou, gee om vir jou.”

Dit was belangrik dat die hoof bestandeel van hierdie pakkies, tuisgebak moet wees, soos tuisgebakte koekies, koeldrank poeier (Wonder wie kan dit nog onthou!) Koekies was in polistireen bakkies verpak wat in kleefplastiek verseël is en dan in Appelkartonne gestuur na die verskillende sektore. Van die tannies het met Kerstyd die lekkerste vrugtekoeke gestuur wat darem so bietjie troos gebring het met die verlange huis toe.

Saam met die koekies het die dames ook ‘n kort boodskappie vir ons manne in uniform geskryf om hulle te bemoedig in moeilike tye!

Kommandant J.J Bierman, die bevelvoerder van 102 Bataljon in Opuwa, het persoonlik die dames van Mindalore bedank met die volgende woorde; ”Geagte Dames, Ons is onlangs oorval met dose vol eetgoed van u af. Ons wil u daarvoor, sowel as die talle bemoedigende briewe, wat ons van u voorbidding verseker, hartlik dank.. Dit beteken vir ons baie om te weet dat ons mense in ons mooi land ons nie vergeet nie.

Nog Sielskos vir Die Lewens Pad
Its About Time
Keniane stuur groete
Skakels
Plasing No 0072

Foto van “The Observation Post”

Leave a Reply

Your email address will not be published.