Gaan Dan Heen

Ons sing hierdie lied gereeld en baie het my al gevra vir die woorde.  Dankie Cindy Jacobs dat jy die woorde vir ons oor getik het.

.

Gaan dan heen, gaan in vrede,
My kind gaan doen, wat Ek jou vra.
Versprei My lig, gaan leef My liefde,
My kind onthou: Ek is altyd daar.

Kyk Ek gaan voor jou uit, Ek maak die pad gelyk.
Ek is langs jou om jou veilig vas te hou.
Ek is agter jou, Ek keer die bose weg van jou.
Ek is onder jou, as jy sal val, dan dra Ek jou.

Gaan dan heen, gaan in vrede,
My kind gaan doen, wat Ek jou vra.
Versprei My lig, gaan leef My liefde,
My kind onthou: Ek is altyd daar.

Kyk Ek is rondom jou, want Ek beskerm jou.
Ek is bokant jou, want Ek wil jou graag seën.
Ek is binne jou, Ek lei jou deur My Heil’ge Gees.
Die seën van God Drie-enig sal vir ewig met jou wees.

Gaan dan heen, gaan in vrede,
My kind gaan doen, wat Ek jou vra.
Versprei My lig, gaan leef My liefde,
My kind onthou: Ek is altyd daar.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Josua Rigters en Rut
Persoonlike Getuienis – Deel Een
You Got The Vision
Plasing No 0152
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

3 thoughts on “Gaan Dan Heen

Leave a Reply

Your email address will not be published.