Gebruik Van Hierdie Webwerf – Deel Een

Die Plasings op Facebook wat gaan oor hoe om NGMindalore.co.za te gebruik is nou op die blad geplaas. Die Fotos is groter en ons het meer kommentaar gelewer. Moenie bang wees om op iets te kliek. Jy kan niks breek nie.
Hieronder is ‘n foto van die “Tuisblad”. Die Tuisblad is jou begin punt as jy direk na die werf kom deur bloot om in te skakel op www.ngminalore.co.za
Eintlik is die Tuisblad net die binnefoto van die kerk en die 9 knoppies daaronder, Die goed regs van die foto en bo die foto is deel van die ontwerp van die webwerf en is dieselfde op die verskillende bladsye. Beskou hierdie deel as die omslag van ‘n boek.

1. DIE GROEN “HOME” element Is ‘n skakel wat jou sal terug bring na die tuisblad. Van hieraf kan jy weer van voor begin. As jy reeds op die tuisblad is dan sal niks gebeur as jy op die HOME skakel kliek.

2. BELANGRIKE KONTAK NOMMERS – Wanneer jy daarop kliek gaan jy na ‘n bladsy met die besonderhede van al die kommissie leiers, die kerk kantoor en Henning se kontak besonderhede, Wanneer jy klaar is op die kontak bladsy al wat jy doen is kliek op “Home” daarbo en dan kom jy terug na die tuisblad. Ek wil hê dat jy dit nou probeer. Kliek daarbo op Belangrike kontak nommers en gaan kyk na die bladsy. As jy klaar gekyk het dan het jy ‘n besluit om te maak, Of jy kliek op die groen “Home” skakel en iets anders gaan kyk of jy kliek op die blou “Opleiding” skakel onder op die Belangrike kontak nommers bladsy en dit sal jou terug bring hiernatoe.

Ah – Welkom terug – Kom ons praat oor die volgende element
3. RUBRIEKE, ARTIKELS EN LEESGOED – Dit is ‘n skakel wat jou neem na die “ingang” na al die Bladsye op die webwerf, Daarvandaan kan jy uitbeweeg na die verskillende afdelings van die werf. Jy kan nou daarop kliek en gaan kyk daarna. Sodra jy klaar is kliek op die blou Opleiding knoppie en jy sal terug kom hiernatoe of Kliek hier op Gebruik Van Hierdie Webwerf – Deel Twee , Gebruik Van Hierdie Webwerf – Deel Drie en Gebruik Van Hierdie Webwerf – Deel Vier vir verdere opleiding.

Plasing No 0267

Leave a Reply

Your email address will not be published.