Geseënde Kersfees!

Ek kry altyd so ‘n opgewondenheid hier diep binne in my soos ons nader beweeg aan die herdenking van Jesus se geboorte op aarde. Kersfees tyd, ‘n tyd vir kuier saam met familie en vriende. Volwaardig ‘n fees tyd. 

Hierdie Kersfees wil ek jou herinner om jou nie met of teen enige iemand te vergelyk nie. Wees in alles dankbaar. Ons Vader God het jou gespaar en self net deur om hierdie boodskap te kan lees beteken dat jy lewe en dit is ‘n Wonderbaarlike geskenk van God af. Dankie Vader!

In Filippense lees ons dat ons, ons moet verbly in die Heer en dinge nie net van self sprekend moet neem nie. Sodra jy jou begin vergelyk met ander begin dit ‘n gevoel van ondankbaarheid kweek. “An attude of ungratitude”   

Wat sê God vir ons in Matt 5?

* “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 

* Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 

* Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 

* Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 

* Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 

* Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 

* Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 

* Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 

* Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.  Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel.”

Mag jy ‘n baie geseënde Kersfees hê.

Liefde groete

Die Ontdekker

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Kersboodskap – 2021
Kersgebed
As Gebou Van God Is Ons Die Kerk
Julle is in die wêreld soos lig wat in die donker skyn
Happy Pilletjies
As gebou Van God is Almal Ewe Belangrik
Ek Weet Nie Meer wat die Waarheid is nie
Plasing No 0348

Leave a Reply

Your email address will not be published.