Geweld! Geweld!

My liewe Boeties en Sussies

Kyk , ek was darem vanoggend so ontstoke toe ek hoor van ‘n leerder wat selfmoord gepleeg het as gevolg van ‘n ander leerder wat haar aangerand het. GEWELD! geweld! gaan dit deur my kop. Geweld kom al van Kain se tyd af toe hy sy broer Abel doodgemaak het. Ek vra myself af “ Waar los dit my as vrygemaakte kind van God3enig, in hierdie wrede, gevoellose wêreld?”

Ek kry my antwoord; (want God ken my) van ‘n radiostasie wat mense in nood help. Die vorige dag het hul ‘n skenking aan ‘n bejaarde dame gegee wat haar tiener kleinkinders onderhou deur middel van masjien naaldwerk wat sy doen. Vandag, in reaksie daarop ontvang sy veel meer as waarvoor sy gevra het. Verskeie mense het op vele gebiede hulp aangebied, maar wat my opgeval het, is toe die een persoon vir haar gesê het: “Moet my nie dank nie, maar DANK GOD.” Die liedjie “Leef in my“ kom by my op… Daar is my antwoord.

Die Here moet in my leef sodat ander mense Sy liefde kan ondervind. Al hoe dit moontlik is, is as ek en jy in verhouding met God staan en al die ou negatiewe dinge aflê. Ek wil jul vandag vra om God opnuut weer in jul lewe te nooi dat Hy deur ons kan leef. Galasiërs 1 v 15 : “Maar God het my al voor my geboorte vir Hom afgesonder, en Hy het my in Sy genade geroep. “ Hy het Sy seun gestuur om vir ons te sterf en ons sonde op Hom te neem. Sodat ons as vrygemaaktes Sy woord kan uitdra. “NLV Galasiërs 5 v 1 : “Om vry te wees!- dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ‘n slawejuk vasgebind word nie.” Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. Romeine 12 v 21 Lewende Bybel : “Moenie toelaat dat die kwaad jou wen nie, maar jy moet die kwaad oorwin deur goed te doen.“

Leef ek en jy uit dankbaarheid?
Of bestaan ons net?
Leef ons die Lig wat in ons het uit?
Leef ons regtig uit Sy oorwinningskrag of bestaan ons maar net want, ons is mos nou maar hier en ons moet daardeur? Romeine 15 v 1 Lewende Bybel : “Die van ons wat sterk is in geloof moet die probleme van ander christene raak sien wat nie so sterk is nie en saam met hulle help dra.” en in vs 4 – 5 “Alles is in die Skrif geskrywe om ons te leer. Dit help ons om geduldig te wees en gee ons moed sodat ons vas oortuig kan wees van die wonderlike toekoms wat vir ons wag. Dit is God wat ons hierdie geduld en moed gee. Mag Hy ons help om saam te werk en so te leef soos Jesus Christus geleef het.
Here, God van liefde, maak ons vol vreugde en lekker leef!

Groete, Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Koringkorrels
Die Geel Roeibootjie
Die Here is sy vyande ver voor
Ondankbaarheid
Plasing No 0038
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Fotoakkreditasie: Alexis – Pixabay

Leave a Reply

Your email address will not be published.