God Is Altyd Daar

Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veilige weiding. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeerstes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.” Ps 37:3-5.

   Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom juis vir diegene wat voel dat niemand omgee nie. Sy onfeilbare liefde omvou diegene wat Hom vertrou. Jesus Christus gee baie beslis om en reik ook uit na eensame, desperate, verwarde, seergemaakte mense wat ontnugter is deur die samelewing. Jesus reik ook uit na jou. “God laat blyk Sy liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.”Rom 5:8.

   In een van Joyce Meyer se boeke skryf sy oor die dag wat toe sy Gered was as nege jarige kind. Sy moes uit die huis sluip want haar pa sou haar nie toegelaat om kerk toe te gaan nie. So ’n paar dae nadat sy gered was het sy saam met haar niggie “Weg kruipertjie” gespeel maar gekul.

Op daardie oomblik het sy gedink dat God haar verlaat het en sy haar redding verloor het om rede sy oneerlik was. Eers baie later in haar lewe het sy werklik Heb 13:5 verstaan en dit sê 5Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie”.

   Num 13:19 sê duidelik dat God nie kan lieg nie en Hy sal ook nooit verander wat Hy besluit het nie. So hoekom voel dit soms of God jou verlaat het?…

   In beeldspraak is God soos die son. Die Son is altyd daar maar ons kan kies of ons vir die Son wil kyk of nie. Ons kan onder ’n sambreel wegkruip of kies om elke liewe sonstraal in te neem.

   Wanneer dit nag word beteken dit nie dat die son verdwyn het nie dit beteken slegs dat JY nie die son kan sien nie maar die son is nogsteeds daar. So ook in ons verhouding met God. Voel dit of God jou verlaat het, gaan kyk eerder wat in jou lewe veroorsaak dat jy nie vir God kan “sien” nie.

   God is ALTYD daar, selfs wanneer jy verkul.  

Liefde groete, 

Die Ontdekker.

Sien Ook
Wie Dink Jy is Jy?
Eensaam
Hoeveel keer het God jou al geroep om iets te doen?
Hoop? Wat is Hoop?
Plasing No 0175

Foto Danksy Freda

Leave a Reply

Your email address will not be published.