God Is Getrou

Ek hoor nou die dag iemand sê : “Jong daai ou kan jy glad nie vertrou nie. Ek het nog nooit gesien dat hy aan iets of iemand getrou is nie.” Sjoe, dis darem jammer dat ons so van mense praat, maar dis ook ongelukkig in sommige mense se lewens waar. Jy kan hul dood eenvoudig net nie vertrou nie.   Dit het my net weer laat besef hoe bevoorreg ons as kinders van God is. God is getrou. Hy laat ons nooit in die steek nie. Hy is altyd daar vir ons. Hy is gister, vandag en tot in alle ewigheid getrou.

 HY WORD NIE MOEG NIE! 
Jesaja 40:28b“Die Here is die ewige God. Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy word nie afgemat nie en Sy insig is ondeurgrondelik.“

HY VERWERP ONS NOOIT! 
Jesaja 41:9b “Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.“

HY SLAAP NOOIT NIE!
Psalm 121:4 (NLV) “Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie.“

HY IS GETROU!
2 Timoteus 2:13 “As ons ontrou is- Hy bly getrou. Hy kan Homself nie verloën nie.”
Psalm 36:6 (OV) “O Here, U goedetierendheid is tot in die hemele, U trou tot in die wolke.””

HY IS REGVERDIG!
Jesaja 11: 5 ”Hy sal getrou regverdig en betroubaar regeer.“
Psalm 111: 7-8 7Wat Hy doen , getuig van trou en reg, al Sy voorskrifte staan staan vas,
 8Hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid.”

     So my liewe boetie en sussie moet jou nie ontstel oor mense wat ontrou is. Rig jou gedagtes en lewe op God 3-enig . Hy is die konstante in ons as Sy kinders se lewens. Hy is God! Buiten Hom is daar geen ander God nie.

Salomo sê in Spreuke : “ Vertrou op die Here, Hy sal jou help.”

Andrew Murray het gesê : “Ons het ‘n God wat Hom in onmoontlikhede verlustig.“

Geniet dit om kind van God te wees. Verlustig jou in Hom en Sy groot mag. Leef deur Hom as oorwinnaar. Ek waarborg jou, jy sal verstom staan oor Sy getrouheid.

Lekker op God 3-enig vertrou!!

 Groete,

    Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Ek Wil Die Here Loof – Psalm 103
Vertrou My, My Seun
Julle Sal Krag Ontvang
Kies Vandag wie Julle wil dien
Gefokusde Gebed
Raak sentimentiel oor mekaar
Aanslag op die jeug
Hoop? Wat is Hoop?
Plasing No 0271

Leave a Reply

Your email address will not be published.