God Is Realiteit

Die Belydenisklas Kamp is een van die hoogtepunte van ons jong mense se laaste jaar van “Sondagskool”.  Hierdie jaar is ons die naweek van 8 – 11 Augustus Manyane Kamp toe in die Pilanesberg wildtuin.  Die doel van die kamp was om vir die Jongmense die geleentheid te gee om te weet dat God Realiteit is, en om tyd met God te spandeer.  Die kamp het op ’n verkeerde noot begin toe ons bespreking by Bakgatla sommer gekanselleer is en na Manyane oorgeplaas is.  Vinnig moes ons groepie besef dat ons planne nie noodwendig God se planne is nie, en dat Sy planne altyd die beste is.

  Dit was ‘n wonderlike ervaring om so in die wildtuin rond te ry en God se grootheid in die natuur raak te sien!  Die Here het ons behoorlik bederf met seekoeie wat behoorlik ”Pose” vir die kamera, ‘n bosbokkie wat mens nooit sien nie en self ‘n olifant wat op rotse klim! 

  In ons Bybelstudies in die boeke Titus en Jona het ons geleer van gehoorsaamheid aan God se opdrag, en dat jy nêrens vir Hom kan wegkruip nie.

  Om die kampvuur in die aande het ons gepraat oor ons verhouding met God en het ons vrese of enige probleme wat ons gehad het vir God gegee en die papiertjies in die vuur gegooi. Daar was nie ‘n manier om daardie papiertjie uit die vuur te haal nie, net so as jy iets vir God gegee het, is dit nie meer deel van jou nie!

  Riaan en Belinda het gesorg dat die magies bars van al die lekker kos en Saterdag het die kinders ‘n wenner Potjiekos gemaak!  Julle moet oppas, die Jongmense mag dalk volgende jaar die Potjiekos Kompetisie wen!
Na die kamp het ons vir ‘n week lank elke aand vir mekaar die teks gestuur met ‘n boodskappie wat ons daardie aand gelees het. Dit was so lekker om die Woord op dié manier met mekaar te kon deel.

Henning

Nog Sielskos vir die Lewensreis

Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie
Hoeveel keer het God jou al geroep om iets te doen?
Job
Fees van ‘n Gemeentekamp -2011
Plasing No 0213

Leave a Reply

Your email address will not be published.