Hoe kan ek seker wees ek is ’n kind van God

Twyfel onstaan op verskeie maniere in ons as gelowiges se lewens. Bybel tekste soos : Mat 21:21 en Jak 1:6-8 maak dit moeiliker en laat jou skuldig voel. Wat sê die Bybel rondom twyfel? Omtrent elke persoon in die Bybel het twyfel ervaar. Die Bybel verdoem nie twyfel nie, maar wel die volharding in twyfel.

Wat maak ek as ek twyfel?

Twyfel kan jou geloof versterk of vernietig en dis net jy wat die uitkoms van twyfel kan bepaal deur besluite te neem.

Hoe kan twyfel in my lewe my geloof te versterk?

1) Weet jy waaroor jy twyfel?

Probeer uitvind hoekom jy twyfel. Probeer om dit te identifiseer.

2) Waar kan jy antwoorde kry om jou twyfel aan te spreek?

Gaan soek inligting in die Bybel, google, leesstof, gesprek met leraar, gesprek met medegelowiges wat deur dieselfde twyfel gegaan het. Uit my eie lewens ervaring.

3) Uit dit wat ek van my twyfel nou weet, wat kan ek verander?  Twyfel dwing ons om weer vas te stel wat ons van God glo

Twyfel lei ons na ‘n nouer verhouding met God, waar Hy en nie ek, in beheer is.

 As jy twyfel vra vir God wat Hy besig is om jou te leer – van Hom en van jouself…

Dan besef jy dat geloof ‘n reis is waarin God jou verder wil neem.

Wanneer mens deur die twyfel werk dan kan Matt 21:21 en Jakobus 1 wel toegepas word in ons lewens, want dan funksioneer ons nie in die vernietiging van twyfel nie, maar in die versterking van ons geloof.

 4) Weet wat jou geestelike outoriteit is:  Kenneth Copeland stel dit as volg: “You need to realize that you are not a spiritual schizophrenic – half-God and half-Satan – you are all-God. The problem area is not in your spirit; it lies in your mind and body. It is every believer’s responsibility to take God’s Word and renew his mind; then he can use that Word to control his body. Look at Ephesians 4:20-24

    Die oorwinning van twyfel bring ons by dieselfde gevolgtrekking waar Job gekom het in Job 42:5  “Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. (OV)”

   Dan is twyfel nie vernietigend nie, maar versterkend van my geloof.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Hoop? Wat is Hoop?
Geloofsvolharding – deel 5
Jesus Alleen
Moedeloos en Sonder Hoop
Jou Denke Bepaal Wie Jy Is
Die Apie en die Tier
Verlore Skape
Plasing No 0299

Leave a Reply

Your email address will not be published.