Hoe voel God oor my?

SEFANJA 3:15-17

Sefanja roep ons op om vrolik en bly te wees met alles wat ons is, met ons hele menswees, met ons omstandighede. Ons kan so maklik net bestaan, dat ons vergeet om te LEWE!

.

v15.  Hy is die een wat ‘n einde aan my straf kan maak.

God is nie ‘n God van vrees nie, maar ‘n God van liefde 1 Joh 4:18 “en by Hom is daar nie vrees nie maar ware liefde wat bereid was om Sy seun Jesus te laat sterf vir ons.”

v15 Hy laat jou vyande padgee.

Wat is jou vyand op die oomblik? Weet wat jou outoriteit in God is en dat Hy die een is wat jou van jou vyande sal verlos. Trek die wapenrusting aan (Eff 6). Vra Jesus om met die vyand af te reken (Kol 2:1) en word ‘n oorwinnaar soos Openbaring dit aan ons beskrywe.

v15 Die Koning, die Here, is by jou!!

Eensaamheid is die grootste vyand van enige mens.  Die Heerser oor die Hemel en die aarde verstaan, en is nie ‘n onbereikbare afstand vêr van ons af is nie, maar dat Hy deur Sy Heilige Gees by ons is.

v17 God is die Magtige Krygsman wat red.

Ps 118:5-9 getuig Dawid van God se Redding.
Deut 10:16-22 vertel van God se wonderdade vir Israel en dat ons nie moet hardkoppig wees nie, maar die Here moet dien.
Eksodus 14:13-14 “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg!” Die grootste redding is natuurlik die redding wat Jesus aan die kruis vir ons gebring het.  Die redding van die 2e dood (Joh 3:16).  In Openbaring 19 is Jesus die Ruiter op die wit perd wat die oorwinning behaal.

v 17 Hy is vol vreugde oor jou.

Al ooit daaraan gedink dat God opgewonde is oor jou? Dat Hy vol vreugde is oor jou?  Daardie glimlag op ‘n ouer se gesig, sonder om ‘n woord te sê: “Dis My kind daardie!” 

Wat doen ek wat God laat glimlag oor my en Sy bors uitstoot van trots? Soms hoef ek niks te doen nie, maar net die mens te wees wat God my gemaak het en net die lewe te geniet.

6) v17 Hy is stil tevrede in Sy liefde

Maak nie saak hoeveel foute ‘n kind deur die dag gemaak het nie, maak nie saak hoeveel keer die kind die pa kwaad gemaak het deur die dag nie, maar die oomblik wanneer daardie kind se arms om sy of haar pa se nek is, met sy of haar koppie op pappa se skouer, verander alles!  Dis God se liefde van Romeine 8:31-39

7) Hy jubel en juig oor jou.

Lukas 15:7  Daar is blydskap in die Hemel oor elke sondaar wat hom of haar bekeer.  God jubel oor ons wanneer ons gehoorsaam is aan Hom en Sy opdragte uitvoer. God Jubel en juig oor ons wanneer ons die oorwinning behaal en die ewige lewe as prys ontvang. Jy is vir God belangrik, Jy is vir God Kosbaar, jy is God se oogappel,  jy is Sy kind!

Liefde Groete

Henning

Sefanja 3:15-17
15Die Here het ‘n einde gemaak aan jou straf,
Hy het jou vyande laat padgee.
Die Koning van Israel, die Here, is by jou;
jy hoef geen ramp meer te vrees nie.

16Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word:
Moenie bang wees nie, Sion,
moenie jou hande moedeloos laat hang nie!

17Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou
“.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Geloofsvolharding
Ek Wil Die Here Loof
Hoeveel keer het God jou al geroep om iets te doen?
Veertig Dae en Veertig Nagte
Its About Time
Eensaam
Koringkorrels
Doen wat ek jou vra
Plasing No 0311

Leave a Reply

Your email address will not be published.