Hoekom Glo Jy in God?

Mense vra soveel keer hoekom ons in God glo, wel ek het hierdie op epos ontvang en moes dit net deel met almal.

.

   Ek het Hom nodig. So hier is my antwoord.

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so “awesome” en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!
Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys. Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!
Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak en dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!
Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!
Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke “stupid” goed en Sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer en dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring.
Dan is Hy daar!
Hy maak heel wat ek self verbrou het! Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!
Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in ‘n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.
En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want
Hy’s daar! Heeltyd! Altyd!
In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie.
Hy is daar!
Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Amen!!
Liefde groete
Die Ontdekker.

Lees Meer van die Skild van Geloof

Plasing NO 0063

Leave a Reply

Your email address will not be published.