Hoeveel Meer Om Te Dra?

My liewe Boeties en Sussies

Ek hoor nou die dag iemand sê : “Wat gaan nou nog gebeur?!! “  Ek is seker baie van ons voel nou al so! Dis krisis op krisis op krisis.

.

En ek dink dis hoe Adam en Eva gevoel het toe hul uit paradys geban is. Soos Abraham gevoel het toe hy sy land moes verlaat om te gaan waar God hom gestuur het. Dis hoe die Israeliete in die woestyn gevoel het. Soos Dawid gevoel het toe hy moes vlug vir sy lewe. Dis hoe die ballinge gevoel het toe hul dwarsoor die destydse wêreld versprei is. So kan ons nog vele meer noem. Dis hoe die christene gevoel het nadat Jesus opgevaar het na die hemel. Dis hoe ons nou in ons mooie land voel : “WAT NOU NOG! “

Weet julle wat? God het ELKE keer Sy kinders uit die situasie gehelp en Homself as die enigste ware God openbaar. Lees maar net al die profete.  Romeine 8:28“ Ons weet dat God alles ten goed laat meewerk vir die wat Hom lief het.“   Dis nie te sê dat ek en jy is gevrywaar van dinge nie, nee… dit sê : Vertrou God. Hê Hom lief.Matteus 22:37-39 (Die Boodskap)“ Jy moet die Here jou God lief hê met alles wat jy is en het. Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie. Hierdie opdrag staan bo aan die lys. Maar die tweede opdrag wat langs die eerste op die lys staan is Jy moet ander mense liefhê asof hulle jyself is.”
Johannes 14:21“WieMy opdragte het en dit uitvoer , dit is hy wat My lief het.”

Elkeen van Sy kinders het ‘n roeping om uit te leef. Doen wat jy moet doen en laat God toe om Sy werk te doen. Vertrou Hom.  Jou krisis is onder God se beheer. Glo net, God weet wat Hy doen. Niks kan jou van die liefde van God skei nie.  God is vir ons ‘n toevlug.

Mag ons saam met die Koragiete sing Psalm 48
v4“ In hierdie groot versterkte stad het God Hom openbaar.”
v11b “U mag het groot redding gebring.”
v15 “Die God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.”

Lees gerus 1 Konings 19 waar Elia vir Isebel vlug, hoe God sorg. Wy jou aan die Here en Sy saak.  Bid gedurig en leef in dankbaarheid. God se genade is elke dag nuut en aan Sy liefde is daar geen einde nie.

My Gebed vir ons

Liedboek 515:
“Soms kyk ons soekend om ons rond
Ons smag na sin en vrede 
Ons voel oorspoel deur sinneloosheid
in ons gejaagde/ onseker lewe.

Ons kom tot U,
wat deur U seun ons roep tot vrede.
Om U te ken,
bring waarlik sin in ons gejaagde/ onseker lewe.

Bewaar my van my sin soek
in my gejaagde/onseker lewe.
Laat my alleen op U vertrou-
die bron van sin en vrede.
Amen”

Mag elkeen van ons ook in hierdie tyd  God ervaar as ons bron van sin en vrede.

Groete,

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Liefde en Omgee
You Got The Vision
Waarom Kategese
Ons Weet Wie Jesus Is
Waarom moes Jesus as mens gebore word?
Wat Word Van Die Wereld?
Veronderstel Ons Is Besig
As Gebou van God verstaan ons Tekens – Matt 16 1-5
Plasing No 0320

Leave a Reply

Your email address will not be published.