It’s About Time

“That don’t impress me much” is ‘n liedjie van Shania Twain wat nou die dag in my kop vas steek toe ek na ‘n praatjie luister van ‘n bekeerde Moslem. Hy vertel dat hy goeie dade “moes” doen om guns te wen by Allah. Dit is soos ‘n weegskaal waar goeie dade en slegte dade teen mekaar opgeweeg word en jy beloon word daar volgens.

Dit laat my toe dink aan ons as Christene. Doen ons nie soms ook dade in die hoop dat dit God se guns sal wen nie? Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, kinders van God doen ook goeie dade maar vir ‘n heel ander rede. Ons doen goeie dade nie om God te probeer “impress” nie maar eerder as gevolg van wie God is. God is liefde en as Hy in jou woon, leef jy daardie liefde uit in woord en daad.

So, wat kan ons doen om God te “impress”?

Die antwoord is NIKS.

God het ons onvoorwaardelik lief. Onvoorwaardelik beteken niks wat ons kan doen sal, of kan God se liefde vir ons minder maak nie, NIKS!

Rom 8:38-39 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

So wat is dit wat God van ons wil hê? … Ons TYD. God wil hê ons moet tyd met Hom spandeer. Hoe meer tyd ons spandeer, hoe sterker raak ons verhouding.
Dink terug aan die tyd toe jy jou man of vrou ontmoet het. Julle het waarskynlik elke beskikbare oomblik aan mekaar spandeer, hoe anders kan ‘n verhouding groei. ‘n Moeder dra haar kindjie vir nege maande permanent, dag in dag uit, by haar. Soveel konstante tyd vorm ‘n onverbreeklike band.
Dink net hoeveel anders hierdie ou wêreld sou wees as almal meer tyd met God spandeer het? In Jakobus 4:8a: staan daar “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.” en die tweede gedeelte van die teks is ewe belangrik, “Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.” (Jakobus 4:8b).
Hoe gaan jou verhouding met jou geliefdes lyk as jy net een uur per week aan hulle spandeer? Hoeveel van jou tyd spandeer jy aan God en hoe lyk jou verhouding met God?

Liefde groete,

Die Ontdekker

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wikkel Jou Tone
Veertig Dae en Veertig Nagte
Dissipline
Tyd Saam met God – Deel 2
Plasing No 0046
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Foto Danksy Seiko Horlosie Dnalor 01 (CC BY-SA 3.0)

Leave a Reply

Your email address will not be published.