Jeug – Julie 2021

Dagsê al julle asemrowende klomp jongmense! Jong, hier staan ons nou alweer aan die einde van die kwartaal, met ń welverdiende ruskansie wat voor ons lê, na ń tawwe tydjie wat agter ons lê. Ek praat nie ń enkele leun as ek sê hoe trots ek is op NG Mindalore se jeug nie. Daar is kerke wat nog nie eers oopgemaak vir Sondagskool, of nog nooit weer hulle jeug bymekaar gebring het nie.

Ons spog met ń bywoning syfer van bo 90%, en wat dit die beste ding ooit maak is dat ons kids honger is om van Jesus te leer, en om betrokke te wees by ons kerk. Ons het ń simpel kwartaal agter die rug. Gelukkig kon ons vinnig ons platforms nader trek wat reeds opgestel was, om Sondagskool, en Kinderkerk virtueel te kan aanbied. Dankie vir elke Kinderkerk les download, en elke Little Warriors, en elke No Limits bywoning.

Ons is rerig jammer ons moet op skerms bymekaar kom, maar ek verkies dit honderd maal bo geen Sondagskool! Dit was rerig baie lekker om julle die paar Sondae by die kerk te kon sien. Die lekker fris-vars Sondae oggende, en ook die lekker No Limits sessies waarvoor ons sorg op Sondae aande.

Sjoe ek mis daai lekker hot chocolate …hmmmmmm, dankie vir die bederfie oom Derick. Dankie vir elke paar glimlaggende ogies wat bo die maskerkies uitsteek en elke lekker vuisbons en akward groet-moments, lol.

Dit was lekker om weer oog kontak te kon maak, maar ek is seker ons is sommer gou weer daar. Dankie aan die jeugleiers en Henning wat die werk agter die skerms doen! ń Masjien wat beter ge-olie is as hierdie span is moet nog gebou word!!!

Dankie aan ons ouers en voogde wat seker maak ons kinders het als wat nodig is om by ons in te skakel. Sonder julle is ons werk verniet. Dankie julle! Dan aan elke Kinderkerk kind, elke Little Warrior, en elkeen van julle by No Limits:

Julle is AWESOME! Hoekom is julle awesome?

Lekker vakansie hou, bly lekker warm by die huis soveel as julle kan, wees veilig, en wees lief vir mekaar.
Moet nooit dink jy is alleen nie, en kom gesels met ons as die lewe bietjie lemons gooi!

Groete,

Oom Adriaan

Verjaarsdae in Julie

Verjaarsdag teks: Jes 49:16. ”Ek het jou naam in My handpalms gegraveer.”

1 Julie Amy Bester
1 Julie Mikayla van Pletzen
3 Julie Ben Horak
3 Julie Mia Welgemoed
9 Julie Clayton Mostert

23 Julie Annika Fleming
28 Julie Zalrich Boonzaaier
29 Julie Ruan Haman
31 Julie Ethan Bester

Kyk wat die No Limits groep gedoen het in 2013 in die drie skakels

Hoe Lyk Jou Psalm?
Psalm Min 1
Psalm Min 2

Sielskos Vir Die Lewens Reis
Ek en My Huis
Kom Speel Saam
Speel Saam en Vind Moses – Aflaaibaar
Speel Saam en 30 Boeke Soek – Aflaaibaar
Plasing No 0241

Leave a Reply

Your email address will not be published.