Jeug Kamp 2014 – Tyd in Die Berge Met God

EN OOK MET MOSES EN DIE TIEN GEBOOIE

Die naweek van 7-9 Februarie het die Gr4 tot 11’s van Mindalore by Rocky Valley gaan kamp.  Dit was een groot fees van begin tot einde.  37 kinders was deel van die kamp en ons het ge-eet, berg geklim, lantern bekruip, geswem, boeresport gehou, PT-gedoen (wat eintlik ‘n straf moes wees was later so lekker dat die kinders nie wou ophou nie!), wakker gebly toe ons nie moes nie en geslaap toe ons moes wakker wees. Verder het ons sommer langs die stroompie gestap en van ons het krappe gevang en die girls se senuwees klaar gemaak!

Maar ons het nie net gejol nie, ons het ook ’n wonderlike geestelike program gehad. Ons het gereeld praise en worship en gesing en gedans dat ons poegaai was.  Dit was so lekker om te sien dat die kinders dit geniet om die Here te loof en prys!

  Saterdag was ‘n baie vol dag waar ons vir 5 ure lank oor die 10 Gebooie gesels het saam met Hey Hey……  Manie Botha.  Dit was ‘n wonderlike ervaring om te sien hoe mens die wet van God vandag kan verstaan en het soveel sin gemaak.  Die 10 gebooie is beslis nie meer boring wette wat nie sin maak nie, maar na die kamp het dit lewendig geword en kan elkeen van ons sien waar ons in ons lewens moet veranderinge aanbring om binne God se wil te wees.  Saterdag aand het ons geleenheid gehad om ‘n keuse vir Jesus te maak en agt kinders het vir die eerste keer hulle harte vir Jesus gegee!

Sondag oggend het ons in die berg gaan kerk hou en het Leané vir ons vertel dat Jesus vir haar die hemel en die hel gewys het hoe dit daar lyk.  Ons almal het verstom gesit en luister en het besef dat nie een van ons hel toe wil gaan nie!

   Dankie vir elke kind wat saamgegaan het! Dit was baie, baie lekker en ek glo dat hierdie jaar vir ons kinders sommer ‘n stunning jaar gaan wees!

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Bid en bly op die smal pad
Jeug Kamp 2013
Skuldgevoelens En Vergifnis – Deel 1
Eenvoudige Reels
Iets Baie Besonders
Kies Vandag wie Julle wil dien
Waarvoor Gebruik Jy Dit?
Plasing No 0264

Leave a Reply

Your email address will not be published.