Jubelfees – 2014

WestRand Car Show 2014

Op ‘n bibber koue Vrydag oggend word daar baie bespiegel oor die weer van Saterdag 31 Augustus. Die weervoorspellings word dop gehou, asems word opgehou, plannetjies word gemaak oor wat ons gaan maak as dit so koud gaan wees.  Daar word ernstig om genade gebid, want die Jubelfees word al van Maart af beplan, ons kan alles doen, maar die weer kan ons nie reël nie. 

   Saterdag 31 Augustus is ‘n amper windstil dag met die lekkerste koel temperatuur wat net reg is vir ‘n motor skou.  Een vir een kom die voertuie in en die veld raak al voller van motors en mense. 

  Al die stalletjies is opgeslaan en almal begin werk soos in ‘n groot stoomlokomotief waar elke kooltjie op die einde van die dag sy deel doen om die stoom op te wek sodat die lokomotief kan beweeg.

  Dr Havinga se Ritmiese gimnastiek span kom vermaak ons met hulle bewegings en Sterretjie Kleuterskool se trompoppies was te ougat vir woorde.

   Die Pittbulls was voorwaar weer ‘n wenner en almal was verstom oor die krag van die honde. 
 Orals het mense lekker saam gekuier en ook lekker hard saamgewerk.

   ‘n Geskarrel met die krag wat heeltyd “trip” moet ek sê Mindalore se mense kan nogal kalm bly in krisis situasies!

  Thinus Oelofse het ook as Seremonie Meester sy bes gedoen om deur die klank krisis heen die program aan die loop te hou en daarvoor is ons baie dankbaar!

  Mindalore se Jubelfees en

WestRand Car Show is besig om ‘n groot geleentheid te word op die kalender van motorskoue en moet ons elke jaar verbaas staan oor hoe die Here ons gemeente seën met die sukses daarvan.  Elke jaar, vir die afgelope 7 jaar, het die Jubelfees net gegroei!

    Ons is dankbaar vir Dr Havinga wat elke jaar hulle Sport terrein en ander fasiliteite aan ons beskikbaar stel en vir hulle personeel se hulp met die reëlings van die dag!

   Die dag was voorwaar ‘n groot sukses en wat dit net nog ‘n grootter voorreg maak om deel van Mindalore te wees, is dat na die tyd almal gehelp het met die opruiming en het die Jubelfees kommissie die dag met ‘n gebed afgesluit.

   Baie dankie vir ELKE lidmaat en nie-lidmaat wat hard gewerk het en wat bygedra het tot die sukses van die dag. Die Here se hand is werklik oor hierdie klein kuddetjie van Hom.

Vorige Jubelfeeste en WestRand Car Shows
Jubelfees – 2013
Jubelfees – WestRand Car Show 2012
Jubelfees – WestRand Car Show 2011
Plasing No 0305

Leave a Reply

Your email address will not be published.