Jubelfees – WestRand Car Show 2012

Mindalore se Jubelfees word elke Jaar net meer ‘n rede om God te eer vir Sy absolute versorging en omgee vir ons gemeente!  Soos wat die ekonomiese krisis en resessie aan die toeneem is, is dit elke jaar werklik ‘n groot wonderwerk waarmee God ons as Sy gemeente seën.

Hierdie jaar is daar vroeg al begin met die voorbereiding en die insameling van nodige bestandele vir die Fees.  Soveel lidmate het bygedra tot die meel, suiker, vla, poedings en al die ander benodig-hede om van die dag ‘n sukses te maak.

Uiteindelik het die dag aangebreek en is daar met groot verwagting uitgesien na wat God vir ons as gemeente beplan. Al die koeke en poedings is uitgepak en die tafels het gekreun. Koffie, Tee, Jafels, Worsbroodjies, Kerrie en Rys en Pannekoeke is gebak.  Kinders is vermaak met lekkers en speletjies en die motors het begin opdaag!  In die begin het dit maar stadig gegaan maar mettertyd het dit meer geword tot by 132 voertuie wat ‘n rekord getal is vir ons Motor Skou.  Om te dink ons het die eerste jaar maar met 67 begin!

  Dr Havinga se skoolgronde het van ‘n kaal rugbyveld verander na ‘n professionele motorskou waar almal  kon eet, kuier, koop, lag en deel aan die vermaak van die dag.   Die dag was uiters suksesvol gemeet aan die betrokkenheid van die lidmate.   Finansieel het ons ook baie goed gedoen as ons die huidige finansële situasie van die land in ag neem.

  Net so bietjie statistiek oor ons winste met die Jubelfees oor die afgelope 4 jaar!

2009 Wins: R 36 654
2010 Wins: R 41 205
2011 Wins: R 34 224
2012 Wins: R 33 147

  Met die eerste 2 jaar is die Potjiekos se gelde ook by die Jubelfees winste ingesluit wat die statestieke so bietjie verander.

  Die reelingskommitee wil graag vir elke persoon wat op enige manier betrokke was, baie dankie sê vir u aandeel in die sukses van die Jubelfees! 

   Ons sien uit na volgende Jaar se Jubelfees en vertrou dat dit net nog groter sal word!

 “Loof die Here want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!”

WestRand Car Show – 2011
Plasing No 0134

Leave a Reply

Your email address will not be published.