Juig Tot Eer Van God

My liewe Boeties en Sussies

 Wanneer laas het julle vir God geskree? Ja, uitgelate soos opgewonde kindertjies geskree omdat julle vir Hom lief is.   Ons roep meestal na God uit omdat ons in nood verkeer, en daar is niks fout daarmee nie, maar ek dink ons moet bietjie word soos kindertjies en uit skree “ Ons is lief vir Jesus!!   Matteus 19 v 14: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.“

   Kom ons word soos kindertjies en babbel aanmekaar oor die wonderlike dinge wat God vir ons doen. Kom ons prys Hom uit volle bors en roep sommer uit dat ons Hom lief het en dat ons aan Hom behoort. Word opgewonde soos kindertjies oor wat God in ons lewens doen!    Psalm 66 v 1-2: “Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot roem van Sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! “

Psalm 105 v1: “Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.”
Psalm 109 v 1: “U is die God wat ek altyd loof, moet tog nie my gebede onverhoord laat nie!“
Efesiërs 1 v 3: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.“
1 Petrus 1 v 3 NLV: “ Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy liefde aan ons betoon deur die proses te begin wat op wedergeboorte uitgeloop het. “

CM Hanson het gesê : “Lof aan God is soos ‘n ploeg wat diep in die grond van die mense hart indelf. Dit plaas die saad van God se heerlikheid diep in ons daaglikse lewe.“

Lekker ploeg!!

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Ek Wil Die Here Loof
Liefde en Omgee
Eksodus
Tou Opgooi
Plasing No 0066
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *