Jy Is Nes Jou Pa

My liewe Boeties en Sussies. Ek hoor nou die dag iemand vir ‘n kind sê “Jy is nes jou Pa.” Vir sommige kinders sal dit ‘n voorreg wees en vir ander sal dit ‘n belediging wees.

.

Dit het my laat dink aan ons kindskap met God die Vader en ons strewe om meer en meer soos Jesus te wees. Die Woord sê “Wees heilig want Ek is heilig .” Heilig is afgesonder vir Jesus.  In Engels sê dit “Set apart for Christ.”

Wat ‘n voorreg is dit nie om kind van God te wees nie. Om deel van God-Drie-Enig se huishouding te wees. Om in oorgawe aan God te leef. Om met soveel oorgawe te leef dat jou innerlike met Christus reageer om Sy werk in jou lewe te volbring. Jy word ‘n instrument in God se hand. Onder leiding van die Heilige Gees sal jy ontdek hoe kragtig God deur jou werk en hoe meer jy na Sy Beeld verander word.

Romeine 12:12 “Maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe”. Wanneer ons denke vernuwe, vernuwe ons mens wees ook. Ons word een in Christus soos Hy in God is.
Johannes 17:23 “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het en hulle liefhet net soos U My lief het. Daarom sal ek liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. “

Wat is daardie krag?  Efesiërs 1:19-20 “Dit is dieselfde kragtige werking van Sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het… “

Ek weet ek beklemtoon oorwinningskrag baie maar dis net so belangrik dat ons dit ons eie maak. Spreek lewe.  Glo dit wat die Woord ons leer in Lukas 10:19 “Kyk, Ek het julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap.”

Volgende keer as jy weer in die spieël kyk – Sê vir jouself“Goeie dag kind van die Almagtige Vader.” Ons Pa is die Koning van die heelal (soos die liedjie sê.) Leef dan soos kinders van God, aan Hom gewy en deur Sy krag.

Johannes Chrisostomus (354 – 407) het gesê: “Ons monnike is allesbehalwe vroom en stug. In God se krag stry ons teen die duiwel asof ons ‘n lieflike dans doen . “

Lekker dans!

Groete,       

Duimpie
Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Pinkster 2021 – Die Heilige Gees 2
Liefde
Skuldgevoelens En Vergifnis – Deel 1
As Gebou Van God Vertrou Ons Jesus
Die Apie en die Tier
Vier Fees Elke Dag
Gebedsdiens – 4 Julie 2021
Plasing No 0293

Leave a Reply

Your email address will not be published.