Kalahari Gebed

Kalahari se Onse Vader

Dié weergawe van die Boesman se Onse Vader het die rondtes gedoen nou vir baie jare, Baie mense noem dit die Kalahari Onse Vader maar die oorspronklike Boesman Se Onse Vader was deur P J van den Heever. Een ding is seker, God Hoor elke gebed ongeag die taal en ‘n eerlike gebed in enige taal is musiek vir die ore.

Die Kalahari Onse Vader
Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vandag hier vir U kom bid:
Lat U se naam tog by ons geprysig raak,
lat U se Kapteinskap hier staningse maak,
en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond,
net so sos hier oender by ons oppie grond.
Gee vir ons vandag  onse koppietjie meel.
Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel,
want sos ons nou yt die Woord yt weet:
ons moet dies wat ons vloek ok vergeet.
Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge,
en maak los die rieme vannie Dywel se dinge.
Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen,
of U se kragte of nou U se heerlikheid,
van hier tot doer oorkant  innie ewigheid.
Nou dan sê ons dan maar eers weer:

-Amén-.”

Hierdie weergawe Onbekend

Die Boesman se Onse Vader, soos geskryf deur P.J. van den Heever lui as volg:
Onse Vader wat doer êrns vêr bo in die bloulug is, diese warm dag wil ikke op myse
kniege tot U kom bid: Lat U se koningskap tog by ons kom,
en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U se wil
gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons Boesm’land se grond.
Gee ons vandag onse tjai-impie kos en vergewe ons, onse sondige gemors,
sos ons die ander minse sin vergeef. Here lat die kwaad doen goerterse wye draaie
om ons loop en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie.
Die minse doen sulke lelike goerters teen my, maar help tog samblief dat ik dit nie sal raak sien nie,
dan sal U mos ok nie myne raak sien nie. U is vir altyd en vir altyd.
Amene my groot Kroon.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Veertig Dae en Veertig Nagte
En jou antwoord is
Die Mezuzah
Psalms – 9 Maniere van Aanbidding en Lofprysing
Plasing No 0191
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Foto Danksy Kolibri5

Plasing 191

Leave a Reply

Your email address will not be published.