Keuses Beinvloed Jou Hele Lewe

Jeremia 6:16

Ons hele lewe is saamgestel uit keuses. Van eenvoudige keuses soos wat gaan ek aantrek? na meer intense keuses soos wat gaan ek studeer na skool? Moet ek van werk verander? Na nog meer intense keuses soos, is hierdie die liefde van my lewe met wie ek gaan trou?

  En dan die geestelike keuses van  hoeveel keer moet ek Bybel lees? Hoeveel keer moet ek bid? Moet ek Jesus in my hart in nooi? Moet ek my gawes gebruik?

George Eliot het gesê “The strongest principle of growth lies in human choice.” –

Wat is die mees moeilikste keuse om te maak?

Jer 6:16 se dat ons almal een of ander tyd by ‘n kruispad in ons lewens kom , waar ons ’n keuse moet maak. Miskien is jy nou by so ’n kruispad wat jy nie weet wat is die regte pad om te stap nie.

KYK ROND

Wanneer mens by ’n kruispad kom is die eerste wat jy moet doen is om die situasie eers goed uit te kyk. Moet nooit haastige besluite wat lewensveranderend is neem nie. Raak eers bewus van hierdie kruispad.
Vra jouself:
Wat is my aandeel dat ek by die kruispad is?
Wat is ander mense se aandeel dat ek hier is? En,
Wat is God se aandeel vir die kruispad in my lewe?

VRA NA DIE OU PAAIE

Vra jouself,
Waar kom ek vandaan? 
Was ek al in my lewe by soortgelyke situasies?
Wat het ek daaruit geleer? en
Hoe kan ek dit nou toepas? 
Leer uit jou verlede en bou jou toekoms. Gaan vra vir mense wat self deur sulke situasies is en jou met raad kan bystaan.

Baie keer is die ou paaie ook verkeerde keuse wat ons gemaak het en ons hier laat beland het.  Die gevolge wat jy nou moet in die oë staar, is nie God wat jou straf nie, dis jy wat eers jou gevolge moet uitsorteer!

Leer by Abraham wat gejok het oor Sara wat sy vrou was.1) teenoor die Farao (Gen 12:20
Voor die verbond wat God met hom gesluit het)  2) (Gen 20:2) Teenoor Abimeleg, Koning van Gerar na die verbond.

Leer by Dawid wat owerspel gepleeg het en ’n fout met ’n fout probeer regmaak het en op die einde kon hy nie die tempel van God bou nie.

VRA WATTER PAD IS DIE BESTE

Jamie Ford (Amerikaanse Skrywer) het gesê: ‘The hardest choices in life aren’t between what’s right and what’s wrong but between what’s right and what’s best.’

Vra vir God
Wat is die beste pad vir jou om te stap? 
Dis juis hier waar ons God se stem moet ken en dat ons Hom moet vra oor wat Sy plan vir my is.  Enige keuse wat nie aan God gehoorsaam is nie, is ‘n keuse met probleme.

Vra jou medegelowiges om saam met jou te bid! En die belangrikste is “Wees Geduldig!”  Ps139:23,24 help ons hiermee. 

EN LOOP DIT

Om ’n besluit te neem is baie maklik en om ’n besluit uit te voer is totaal anders. ’n Besluit is nog nie sinvol voordat daar nie oorgegaan word in aksie

Jy het ’n verantwoordelikheid oor die keuses wat jy maak, en daardie verantwoordelikheid het gevolge en dit affekteer ander mense om jou. Ons kan so maklik ander mense blameer vir die verkeerde keuse wat ons self gemaak het en eintlik is ons maar net self verantwoordelik daarvoor.

EN JULLE SAL RUS VIND VIR JULLE SIELE

Albert Einstein het gesê: “Everyone has two choices. We’re either full of love…or full of fear

’n Besluit saam met God geneem is ‘n besluit wat vir jou vrede vir jou siel bring.  Vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7)

In Joh 3:16 het God ‘n belangrike keuse gemaak om Sy Seun vir ons te laat sterf. In  1 Joh 3:16 word Sy keuse ook ons keuse wanneer ons bereid is om ons lewe af te lê

Liefde Groete

Henning

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
As gebou van God is ons Wedergebore
Gebeds Uur
Glo en Doen
Leef Uit Jou Gawes
Om God as Familie te dien
Tyd Saam Met God
Tou Opgooi
Plasing No 0307

Leave a Reply

Your email address will not be published.