Keuses

Ek het vanoggend vroeg wakker geword, opgewonde oor alles wat ek kan doen voor die horlosie middernag slaan.  Ek het pligte om na te kom vandag.  Ek is belangrik.  My werk is om te kies watter soort dag ek gaan hê. 

Vandag kan ek kla omdat die weer reënerig is, of …. ek kan dankbaar wees dat die gras gratis water kry. 
Vandag kan ek hartseer wees omdat ek nie meer geld het nie,  of …. ek kan bly wees dat my finansies my aanmoedig om my inkopies verstandig te beplan en my weg van vermorsing hou.

 Vandag kan ek oor my gesondheid kla of …. ek kan verheug wees omdat ek lewe.
Vandag kan ek mor oor alles wat my ouers my nie kon gee terwyl ek grootgeword het nie, of …. ek kan dankbaar wees dat hulle my toegelaat het om gebore te word.

Vandag kan ek treur omdat rose dorings het, of …. ek kan juig omdat dorings rose het.  Vandag kan ek rou oor my gebrek aan vriende, of …. ek kan opgewonde ‘n soektog begin na nuwe vriendskappe.

 Vandag kan ek kla omdat ek moet gaan werk, of …. ek kan juig omdat ek werk het om te doen.
 Vandag kan ek murmureer omdat ek huis moet hou, of ….ek kan geëerd voel omdat die Here skuiling aan my verstand, liggaam en siel geskenk het.

Vandag lê voor my en wag om gevorm te word.  En hier is ek, die beeldhouer wat die vorming mag doen.
 Hoe vandag sal wees hang van my af.  Ek kan kies hoe ‘n dag ek sal hê!

 ‘n Wonderlike dag aan jou –  behalwe as jy ander planne het ….

Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees.” – Psalm 118:24  –

Anoniem Feb 2012

Nog Sielskos vir Die Lewens Pad
Liefde
Die Menslike Drie Eenheid
God Hou Sy Woord en Beloftes
Die Geel Roeibootjie
Plasing No 0085

Leave a Reply

Your email address will not be published.