Kinders dink anders – of nie? – Deel 3

Nou Ja, ons is halfpad deur die lys van gunsteling verse van die kinders wat in 2021 gekamp het. Kom, on blaai die papiere om, een vir een en begin sien dat met God is dit inderdaad “No Limits”

Nog ‘n gunsteling uit Spreuke was 3:6 – “Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” en verder is gesê Maak nie saak waarheen jy gaan nie as jy die Herein jou hartjie het en ken is alles sal jou op die regte pad lei.

“Waar God jou lei daar sal Hy ook voorsien” – Jesaja 58:11 is ook ‘n gunsteling

Psalm 139:14 lees so “Ek wil U loof,
want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker”

Nog een kind het Jesaja 43:1 gekies – “Ek het jou by jou naam geroep – Jy is Myne”

Psalm 117 – “Prys die Here, alle nasies,
loof Hom, alle volke,
want sy liefde vir ons is sterk,
aan die trou van die Here is daar geen einde nie!
Prys die Here!”
is die keuse van Gabriella

Een van die seuns het Openbaring 21:7 gekies as sy gunsteling.
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.”
Die betekenis vir die jong man is “Dit sê dat as ek my lewe voluit lewe vir Hom sal hy die ewige beloon gee en waar Hy sê Hy sal my vader wees enek sal sy seun wees laat my spesiaal voel omdat God my sien as sy seun en Hy sal daar wees vir my soos ‘n Pa”

Vir Jeandré Dreyer was een versie ver te min en sy het die hele Psalm 124 uitgeskryf
1 ‘n Pelgrimslied. Van Dawid.
As die Here ons nie gehelp het nie,
dit moet Israel bely,
2as die Here ons nie gehelp het
toe mense ons aangeval het nie,
3 dan het hulle ons lewendig verslind
toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4 dan het die waters ons weggespoel
en die vloed ons oorweldig;
5 dan het die skuimende waters ons oorweldig.
6 Aan die Here kom die lof toe:
Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.
7 Ons is bevry soos ‘n voël uit die wip van ‘n voëlvanger;
die wip het gebreek en ons was vry!
8 Ons hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.”

Op die vraag Hoekom het jy hierdie gekies? Het Jeandré geantwoord “Die Here is altyd by ons
en die Here help ons oral waar ons gaan.

Kinders dink anders – of nie? – Deel 1
Kinders dink anders – of nie? – Deel 2
Kinders dink anders – of nie? – Deel 4
Plasing No 0111

Leave a Reply

Your email address will not be published.