Kinders dink anders – of nie? – Deel 4

Hie is ons by die laaste van die kinder se gunsteling versies van Kamp 2021. Lees saam met my tot die einde. Ek waarborg jou dat dit die moeite werd is.

 

Psalm 117 – “Prys die Here, alle nasies,
loof Hom, alle volke,
want sy liefde vir ons is sterk,
aan die trou van die Here is daar geen einde nie!
Prys die Here!”
is die keuse van Gabriella

Een van die seuns het Openbaring 21:7 gekies as sy gunsteling.
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.”
Die betekenis vir die jong man is “Dit sê dat as ek my lewe voluit lewe vir Hom sal hy die ewige beloon gee en waar Hy sê Hy sal my vader wees enek sal sy seun wees laat my spesiaal voel omdat God my sien as sy seun en Hy sal daar wees vir my soos ‘n Pa”

Psalm 110 vs 4 was gedruk oor ‘n foto van die groot kruis in die kerk.
Ons het probeer om dit te skandeer maar ongelukkig het dit nie mooi uitgekom nie.
Diep woorde hierdie.
“Die Here het ‘n eed afgelê
en Hy sal dit nie herroep nie:
“Jy sal altyd priester wees
in die priesterorde van Melgisedek.”

Hierdie Jong mens het Psalm 70 vs 2 – 3 gekies as die gunstelinge
2Red my tog, o God,
Here, kom my tog gou te hulp!
3Laat dié wat my lewe wil neem,
self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting.
Laat dié wat graag my ondergang wil sien,
op die vlug slaan en beskaamd staan.”

Die kommentaar daarby was dat “Dit beteken mense wat jou
leed aandoen, dat hul 7 x 70 keer dit terug kry”.

Ook mooi gedruk op ‘n foto van hande wat voel voel aan wit madeliefies. Dit is die bekende vers 9 van Josua 1 –
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan

Ethan het Johannes 14; 6-7 as sy gunstelinge gekies.
6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7 As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

Ethan Bester skryf dat John3:16 sy gunsteling is – maar in engels “Do it all in the name of love
Dan skryf Ethan – Nota – Met alles wat jy doen moet jy dit doen in liefde en oorvloed.
Maak nie saak wie of wat dit is nie.

 

Ek wonder of dit een van die jong dames wat hierdie gekies het as ‘n gunsteling, want sy wil so wees, of haar ma is so? Of is dit ‘n jong man wat opsoek is vir die vrou van sy drome. Hoe dit ook al sy, hulle het albei wonderlike gedagtes oor hul toekoms en hoe dit moet uitkom. Dit is Spreuke 31 vs 10-31
10‘n Knap vrou is baie werd,
baie meer as edelstene.
11Haar man steun op haar
en pluk die vrugte van haar werk.
12Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,
haar hele lewe lank.
13Sy maak wol en vlas bymekaar
en geniet dit om dit te verwerk.
14Sy is soos die handelskepe,
sy bring die kos van ver af in.
15Sy staan op as dit nog nag is
en maak kos vir haar huisgesin;
ook haar slavinne kry hulle deel.
16Sy oorweeg die waarde van ‘n stuk grond en koop dit,
sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.
17Sy pak die werk aan met krag,
haar hande staan vir niks verkeerd nie.
18Sy stel vas of die wins goed is,
haar lamp bly heelnag brand.
19Sy werk met die spinwiel,
haar hande bly besig met die weefstoel.
20Sy het ‘n oop hand vir die armes,
sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
21Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:
hulle dra almal warm klere.
22Sy maak self vir haar dekens
en sy dra klere van linne en wol.
23Haar man is welbekend by die stadspoort
waar hy saam met die leiers beraadslaag.
24Sy maak klere en verkoop dit,
sy lewer gordels aan die handelaars.
25Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid;
sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
26As sy praat, is dit met wysheid;
as sy leiding gee, is dit met liefde.
27Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;
lui is sy nie.
28Haar kinders prys haar,
haar man bewonder haar:
29“Daar is baie knap vrouens,
maar jy oortref hulle almal!”
30Uiterlike skoonheid hou nie,
‘n mooi voorkoms is nie alles nie;
as sy die Here dien,
dán verdien ‘n vrou om geprys te word.
31Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;
laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.”

Annelize Dreyer het Psalm 100 gekies as haar gunsteling
n Dankpsalm.
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.

Hoekom het Annelise dit gekies? Want die Here is altyd goed vir ons
Die Here is liefde en ons moet loof en prys want hy is goed vir ons, en
ons moet aan die Here se liefde vashou.

En laastens is die jongmens se weergawe van Lukas 8 : 4-8. Dit was op helder oranje bord in die fynste potlood geskryf. Dit gaan so “Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan”. Die woorde is dalk nie een honderd persent reg, maar die begrip van Jesus se boodskap is wel verstaan.

Daar het jy dit, 37 jong mense het 34 verskillende verse gekies. 20 van die keuses kom uit die Nuwe Testament en 17 uit die Ou Testament. 5 boeke uit die Ou Testament en 11 uit die die Nuwe Testament vorm die bron van die verse. Psalms uit die Ou en 1 Johannes en Openbaring uit die Nuwe het die meeste Verse opgelewer.

Kinders dink anders – of nie? – Deel 1
Kinders dink anders – of nie? – Deel 2
Kinders dink anders – of nie? – Deel 3
Plasing No 0112

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *