Klippe en Die Rots

Is julle ook so lief vir klippe soos ek ? Ek hou baie daarvan om klippies op te tel as ons iewers uitkamp of vakansie hou. Elke klippie is uniek. Net so kan ek my verstom aan rotsvormasies. Wow nie een is dieselfde nie.

Dit laat my dink aan Moses, wat die Israeliete deur die woestyn moes lei en hulle baie gekla het omdat hulle nie water het nie. God se opdrag aan Moses was om ‘n sekere rots met sy kierie aan te raak sodat daar water uitkom. Eksodus 17 v 5b – 6 ” Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl geslaan het, en stap vooruit. Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink. “ Daar het water uit die rots gekom!

Jesus sê in Johannes 7 v 37 – 38 “As iemand dors het, laat hom na my toe kom en drink! Met die een wat in My glo is dit soos die Skrif sê: Strome van Lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Ons sing ook die lied “Jesus Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan. “

Jesus verduidelik in Lukas 6 aan Sy dissipels dat Hy die fondament is waarop Sy kinders moet bou. Lukas 6 v 47 – 48 NLV “Ek sal vir julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na My onderrig luister en My gehoorsaam. Dis soos ‘n man wat ‘n huis ‘n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwater styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou.” 

Lukas 20 v 17b – 18 ” Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis Hy het die belangrikster klip in die gebou geword. Elkeen wat op hierdie klip val, sal verpletter word; en elkeen op wie hy val, sal hy vermorsel”

My liewe boetie en sussie laat Jesus die rots wees op wie jy bou. Laat Jesus die klip wees wat die vyand vermorsel. Laat Jesus die rots wees waaruit strome van Lewende water kom wat deur jou gespreek word. Onthou ook Jesus het gesê  “As hulle stilbly, sal die klippe uit roep.”

Volgende keer as jy weer ‘n klippie uit die pad skop of jou toon teen een stamp, vra jouself af ” Wat het ek vandag gedoen om Sy koninkryk uit te brei?” 
Wanneer jy weer deur die berge ry, dink daaraan dat Jesus die Rots is op Wie ons bou.

Lekker klippe kyk . 

Groete,   Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Die Menslike Drie Eenheid
As Gebou van God verstaan ons Tekens – Matt 16 1-5
Moenie Mislei Word Nie
Die Tien Gebooie
Waarom moes Jesus as mens gebore word?
Plasing No 0131

Leave a Reply

Your email address will not be published.