Kuierkonsert – 2013

Mindalore is nou werklik ‘n gemeente met talent!  Op Saterdagmiddag 3 Augustus het die motors begin aankom vir die “Mindalore got talent“ aand. Die saal was volgepak met mense wat kom saam kuier het! Ons het gesing en gedans en toneel gespeel vanuit die boonste gestoeltes!

Die Jeuggroepe het almal deelgeneem om die aand ‘n groot sukses te maak.  Die senior groepe het hul eie verhoogstukke uitgewerk en het gesorg vir lekker vermaak vir die aand.

  Ons het ook twee belangrike gaste gehad vir die aand! Elvis Havenga – bedoel Presley het kom sing en ons weer terug gevoer na die lekker tye van “Return to Sender” tot lekker Rock.

  Mr Bean het ook sy opwagting gemaak en was laat vir kerk! Ai tog die man het maar net die vermoë om mens te laat skaterlag!

  Daar was nog sangers en kinders wat gedigte opgesê het, en Pieter Marais het ons almal laat asem ophou moet sy dansvermoë.

  Een van die verhoogstukke het die Jongmense vir ons kom leer dat vriendskappe baie belangrik is en dat ons moet moeite doen met ons vriendskap verhoudings.

Vir die Jeug van Mindalore:

Julle is AWE!!!!

Baie dankie vir almal wat kom ondersteun het.  Volgende jaar kuier ons weer saam!

Henning

Nog Pret Oor Die Jare

Dr. Havinga Sing!
Jeug Kamp 2013
Fees van ‘n Gemeentekamp -2011
Luister – God Roep Jou – Kamp 2012
Nuwe Plasings
Plasing No 0216

Leave a Reply

Your email address will not be published.