Kyk Ek Staan BY Die Deur En Klop

Kyk ek staan by die deur en ek klop

Mindalore is een van die min gemeentes waar daar nog diakens en ouderlinge is wat in die wyke ingaan en besoeke gaan doen. Om ‘n kerkraadslid te wees is ‘n groot voorreg, en wanneer mense jou vriendelik ontvang en afsprake nakom dan maak dit jou werk net soveel die moeite werd. Dit is so lekker om ontvang te word in ‘n huis en met respek behandel te word.

Ongelukkig is daar ‘n paar mense wat die lewens van die kerkraadslede maar moeilik maak.  Afsprake word gekanseleer of sommer op die nippertjie uitgestel.  Soms staan ons voor die hek en sien hoe daar deur die gordyne geloer word, maar niemand sal oopmaak nie.  Dit laat mens se moed sommer in jou skoene sak, want ek sou ook eerder graag by my huis met my familie wou spandeer, of na ‘n lang dag net agteroor wou sit en ontspan, maar ek het ja gesê vir God en daarom doen ek my werk as kerkraadslid met ywer.

Ons werk nie vir SARS of is tollenaars wat kom aas nie.  Ons werk vir God en Sy koninkryk, en as dit die maand swaar gaan, sê maar net vir ons, ons sal nie die Balju bel en die Welsyn op jou sit nie. Ons wil net graag dat iemand die deur oopmaak en ons met vriendelikheid begroet, na ‘n lang moeilike dag.

Dankie vir die mense wat die deur oopmaak en ons kerkraadslede met ope arms ontvang, ons waardeer dit!

Daar is egter nog ‘n paar wyke wat nie ‘n ouderling of diaken het nie en dus nie so gereeld besoek word nie.  As jy voel dat jy op dié manier betrokke kan wees in die gemeente, kontak gerus vir Henning of enige kerkraadslid, Ons en die gemeente sal Jubel en juig daaroor.

Oom Jan

Sielskos Vir Die Lewensreis
Gaan Dan Heen
Dis jou Beurt
Ek en My Huis
Hoeveel keer het God jou al geroep om iets te doen?
Keuses
Plasing No 0234

Leave a Reply

Your email address will not be published.