Lekka Lekka Potjiekos – 2014

DIS MOS NOU PRET!

Die Jaarlikse Potjiekos kompetisie is altyd ‘n groot dag op die Kalender van NG Mindalore gemeente.  Op 10 Mei moes al die groot Kokkedore wat die kuns van potjiekos al bemeester het, hulle slag kom wys!  Sonja en Shaun Powell (Sorry Rasbanji) moes hulle titel kom verdedig en het sommer die Guptah familie saamgebring om ‘n sterk bees en lam kerrie pot aanmekaar te slaan, met chilli bites en allerhande warm eetgoetertjies.

   Die dag was werklik een groot fees en kuier met Pannekoek en Poeding en allerhande lekkernye! Daar was Hoender, Afval, Wild, Bees en skaap potjies het so is daar gesorg vir ‘n groot verskeidenheid.

Amy Bester (9 jaar oud), was ons Jongste inskrywing en sy en Oupa het lekker saam gekook.

Die wins van die dag was R6500 en ons het 105 borde kos verkoop.  Die Jeug het ingespring en koeldranke en chips verkoop. Dankie vir Heinrich wat vir ons ‘n springkasteel geleen het om ons kinders besig en uit die vuur te hou. Die beoordelaars, Lynette Botha en Connie de Fouw was BAIE streng en daarom was die wenner sy sout werd!

Christo en Jackie het 23 borde voorsien uit sy algehele wenner Wilds pot. Harry se hoenderpot was die wenner van die witvleis en Charles Botha, Lettie en Hannes Taljaard het die prys gewen vir die beste stalletjie en gees om die pot. Elda het vir ons ‘n pragtige Potjiekoek gebak en Jan van Niekerk was die wenner van die koek.  Dankie vir almal se hulp en ondersteuning!

Nog Dae van Pret en Lag
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2012
Lekka Lekka Potjiekos – kompetisie 2013
Gemeentekamp – 2013
Wen n Jag Naweek
Wen ‘n Jag Naweek – Trekking
Wen n Jagnaweek 2021
Plasing No 0281

Leave a Reply

Your email address will not be published.