Liefde en Omgee

Ek staan nou die dag by ‘n verkeerslig en sien hoe ‘n bedelaar afgejak word. Ek weet ons raak moeg vir die gebedel en baie ongeduldig met hulle, maar wat dink julle sou Jesus vir hul gesê het. Wat sou Hy doen?

Ek kan raai maar dit sal niks help nie. Die Woord leer ons om ons naaste lief te hê en te dien. Elkeen wat ons pad kruis is ons naaste. Jesus het op ‘n stadium aan die Fariseërs gesê en daarvan lees ons in Matteus 9 v 12- 13 “Die wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie , maar die wat siek is. Gaan leer wat dit beteken, Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.“

 ‘n Glimlag of ‘n mooi word kos niks nie. Hosea 6 v 4b “Julle liefde is soos ‘n môrewolkie: dit verdwyn so vinnig soos dou”.
 
En v 6 “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding eerder as brandoffers.”

Galasiërs 6 v 2 ”Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die Wet van Christus”.

My Boetie en Sussie, kom ons leef met toewyding as kinders van God. Kom ons gee werklik om soos Jesus omgegee het. Kom ons reik uit. Dis amper Kersfees. Wat gaan ons doen? Gaan ons ‘n punt daarvan maak om ten minste ‘n goeie woord vir die bedelaar te hê, of gaan ons hom of haar iets toesnou?

 Die beste geskenk wat ons vir so iemand kan gee is Jesus Christus. In Matteus 28 gee Jesus aan Sy dissipels die opdrag om van alle mense dissipels te maak. Soos die liedjie sê : “Laat almal weet dat Jesus die Redder is, laat almal weet dat Jesus die Koning is.”

Hou aan om goed te doen en jy sal jou skatte in die hemel vergader want so kom jy die Wet van God na.

Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.

Groete,  

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wie Dink Jy is Jy?
Gebeds Uur – Deel twee
Intieme Liefdes verhoudings
Plasing No 0148
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.