Liefde is…..

Ek is seker elke persoon kan hierdie bekende sinnetjie op sy of haar eie manier voltooi maar wat is liefde rerig.Ek het so ‘n bietjie gaan soek en nêrens kan ek ‘n konkrete definisie van liefde die gevoel of die emosie kry nie. Daar is baie voorbeelde en skrifte oor wat liefde is en nie is nie, selfs die Bybel praat daar oor.

(1 Kor 13)

Liefde is Geduldig
Liefde is nie afgunstig nie
Liefde is nie groot praterig nie
Liefde is nie verwaand nie
Liefde handel nie onwelvoeglik nie
Liefde soek nie sy eie belange nie
Liefde is nie liggeraak nie
Liefde hou nie boek van kwaad nie
Liefde vebly hom nie oor onreg nie
Liefde verheug hom oor die waarheid
Liefde bedek alles
Liefde glo alles
Liefde hoop alles
Liefde verdra alles

En

Liefde vergaan nooit nie

Ons weet dat God is liefde so dit beteken God is al die bogenoemde en God is Geestelik nie Vleeslik nie. So, hoe kan ‘n mens lief hê as liefde ‘n Geestelike daad is en ons is immers vleeslike wesens?

Liefdesdade is wanneer jy iets vir jou geliefdes doen, iets spesiaals soos ontbyt in die bed of ‘n groot bos rose. Iets wat jy dink gaan die ander persoon spesiaal en geliefd laat voel. In baie gevalle doen jy iets vir die ander persoon waarvan jyself hou en uit respek en dankbaarheid glimlag ons maar net en sê dankie. Byvoorbeeld, ‘n vrou wil haar man bederf omdat sy lief is vir hom en bespreek vir hulle albei ‘n dag van pamperlang by ‘n “Dag Spa” waar hy tussen vreemdelinge in pantoffels moet rond loop stil moet sit terwyl iemand sy toonnaels sny en dan dink hy by hom-self:  “Visvang sou lekkerder gewees het!”, maar sê hy vir sy geliefde vrou hoe baie hy dit geniet het.

   Is dit liefde of is dit ‘n vleeslike daad? Weet ons as vleeslike mense hoe om God se liefde soos Hy dit vir ons bestem het uit te leef? So, het ons al ooit werklik lief gehad? Ons het almal die Heilige Gees gekry om in ons te woon en om ons te leer. Dit beteken dat ons Ware Liefde in ons het, maar moet net leer hoe om dit uit te leef.

   Liefde volle Vader, ek weet nie hoe om waarlik lief te hê nie, leer my asseblief hoe om lief te hê soos U ons lief het. ‘n Geestelike Liefde en nie vleeslike liefdesdade nie. Amen.

Geestelike Liefde – groete

Die Ontdekker.

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Juig tot eer van God
God Se Vyf Vinger Plan
Eetgoed vir die Troepies
Nuwe Plasings

Plasing No 0107

Leave a Reply

Your email address will not be published.