Liefde

My liewe Boeties en Sussies,
Die woord “Liefde ” word in soveel maniere gebruik dat ons die werklike betekenis daarvan soms uit die oog verloor. Ons voel ook maklik ongeliefd. Weet dit : God het jou lief net soos jy is ! God is in Sy liefde voortdurend van jou bewus en Hy waak oor jou. God se liefde vir jou is gebaseer op die feit dat Hy jou beter ken as wat jy jouself ken. Hy het jou gevorm en aanmekaar geweef.

Psalm 139 v 1b ” Here, U sien dwarsdeur my, U ken my” en v 13  “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder.”

1 Johannes 3 v 1 ” Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het. Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.”

Kind van God leef elke dag voluit vir God. Niemand van ons weet wanneer dit ons laaste dag is nie, maar wanneer ek vanoggend wakker word, moet ek weet, hierdie dag is deur God aan my geskenk om Hom te verheerlik. Ons moet nie ‘n afgewaterde lewe lei nie, God wil hê ons moet voluit vir Hom leef.

1 Johannes 5 v 4 ” ..want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En elke oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.”

1 Johannes 4 v 16 ” En ons ken die liefde wat God vir ons het,  en ons glo daarin. God is liefde ; wie in die liefde bly, bly in God en God in hom.”
Elizabeth Barret Browning sê : ” As ‘n mens lief het, kan jy die onmoontlike glo.”
En raai wat? GOD MAAK DIE ONMOONTLIKE MOONTLIK.

Lekker lief hê.

Groete,  

Duimpie

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wie Dink Jy is Jy? http://ngmindalore.co.za/wie-dink-jy-is-jy/
Koringkorrels
Gaan Dan Heen
God se Ritme in Ons Lewe Gas
Plasing No 0139
NGMindalore RichardsonLaan 32 Mindalore

Leave a Reply

Your email address will not be published.