Limitless

Joint Venture saam met NG Kerk Witpoortjie

Een van die groot probleme, nie net in ons kerk nie maar reg oor Suid Afrika is nadat die jong volwassenes aangeneem en voorgestel is die kerke verlaat en dan maak hulle gewoonlik weer hul verskyning sodra kinders gedoop moet word. Dit los ’n groot gaping van ouderdom 18-35 jaar in die aktiewe lidmate. Hierdie “verlore siele” is op Prop. Braam Smith van NG Kerk Witpoortjie, wat self in hierdie ouderdomsgroep val, se hart gedruk en so het die Joint Venture inisiatief tot stand gekom.

   Joint Venture is ’n lekker energieke “Hip en Funky” groep wat spesifiek die 18-35 jaar ouderdom groep teiken. Hulle kom een keer ’n week bymekaar en het sommer net ’n lekker kuier sessie en adresseer enige issues wat betrekking het op die dag tot dag belewenisse van die jong volwassene en dit alles op Bybelse beginsels. Hulle reël koffie kroeg aande, Boerie braai’s en sommer nog ‘n klomp ander geleenthede om hierdie groep Jong Volwassenes te akkommodeer. Sondae aande 6nm is daar ’n Joint Venture diens by die NG Witpoortjie kerk.

   Braam het met ons kontak gemaak en ons No Limits groep uitgenooi om een aand by hulle te gaan kuier. Op Sondag 24 Augustus het ons hulle Joint Venture diens gaan bywoon en dit was Awesome!!!

   Toe ons daar aankom is ons soos VIP’s verwelkom. Ons het in groot opgewondenheid gewag vir die diens om te begin, want voor ons staan daar genoeg musiek instrumente en speakers om ’n Rock konsert aan te bied. Die band het hul verskyning gemaak en hulself bekend gestel as die “Crew”.  Hulle het sommer dadelik begin met Lofprysing en Aanbidding. Ons het Nuwe generasie” uit volle bors gesing terwyl ons op die plek gedans het. Sjoe maar hierdie manne is talentvol en aan die brand vir Jesus. Al wat ek kan sê is: “Lekker man, lekker.”

   Die boodskap was net so great. In Effesiërs 3 skryf Paulus vir die mense van Effesse ’n brief, want hy het iets agter gekom wat hy net moes deel. Dit is soos ’n liggie wat aangegaan het en hy het “dit” net eweskielik verstaan.

   Wie is jou gunsteling Superhero? En wat maak hom/haar Super? Dit is sy of haar “Special Power”. Die krag wat hy/sy het om die “Bad Guys” te oorwin. Wel elke kind van die Ware God het ‘n “Limitless” power in hulle. Die Krag van die Heilige Gees. Dieselfde krag wat die aarde geskape het, die selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het. Hierdie krag is vrylik en sonder dat ons dit enigsins verdien, aan ons gegee, maar hoekom???

Liefde net as gevolge van liefde. God het sy kinders so lief dat Hy Sy krag vrylik aan ons gegee het. Maar nie saak hoe ons uiterlik lyk nie.

   By Joint Venture is fisiese ouderdom is net ’n nommer, daar was van “jong” tot “ervare” J Christene by die diens. Die uitnodiging is oop. Sondae aande vanaf 6 by NG Witpoortjie.

   Die naam Joint Venture verduidelik dit alles, maak nie saak in watter kerk jy is nie of waar jy inpas in die samelewing, almal is welkom. Braam en sy span maak dit vars, energiek en relevant tot vandag se jong mense en op hierdie manier word die ouderdom gaping gevul.

   Ons as No Limits sal aanhou om hulle te ondersteun en daag die Jong Volwassenes van Mindalore uit om ook by hulle betrokke te raak gaan “click” Joint Venture op Facebook of kontak Braam by jointventuresa@gmail.com.

   Braam het Mindalore se Jeug ook genader rakende die sukses van No Limits.  Witpoortjie sukkel om julle Senior Jeug op die been te hou en wil by ons kom raad vra oor die formaat waarop ons No-Limits aanbied.  Op die manier kan ons twee gemeentes hande vat en ’n groot verskil in die samelewing maak waarin ons woon.

 “Be there or be square!”

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Wie is Jou Superhero
Vertrou My, My Seun
‘n Jaar Van Geestelike Groei
Elkeen Het n Doel
Plasing No 0303

Leave a Reply

Your email address will not be published.