Luister- God Roep Jou

Gemeente Kamp – Sept 2012

Die Gemeentekamp by Eastco van 21 – 24 September was weereens ‘n wonderlike geleetheid waar lidmate mekaar beter kon leer ken en ook meer spesifieke tyd saam met God kon spandeer.  Al was dit aan die koel kant, het die temperature glad nie die kinders daarvan weerhou om te gaan swem nie.

  Die tema van die naweek was “Luister, God roep jou!”  en ons het saam met Samuel na die maniere wat God ons roep gekyk.  Tydens die naweek is vriende gemaak, gelag, gesels en ook hard gewerk aan al die kos maak en skoon maak na die tyd! 

  Mindalore is werklik geseënd met lidmate wat ‘n gesin is en vir mekaar lief is en omgee. Sondag oggend se diens op Mountain of Faith, naby die Kampterein, was werklik ‘n groot seën vir almal.

  Dankie vir almal se harde werk en positiewe gesindhede wat van die kamp ‘n reuse sukses gemaak het. 

   Volgende jaar glo ons dat daar baie meer mense sal saamgaan op die kamp

Lees meer van die Pa’s en Seuns Kamp en die Gemeente Kamp 2011

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Fees van ‘n Gemeentekamp -2011
Groepe
Nuwe Plasings

Plasing No 0119

Leave a Reply

Your email address will not be published.