Manne Kamp – Pa’s en Seuns Maart 2012

Die manne van die land is aan die brand!

Pa’s en Seuns van Mindalore Gaan Kamp

Wat is lekkerder as om saam met jou pa om ‘n kampvuur te kuier en grappies te vertel en te lag tot die trane loop. Ons het ook ons eie kamplied gehad!  Dit was ‘n wonderlike naweek waar Pa’s en seuns weer saam kon kind wees tydens die naweek van 2 – 4 Maart by Eastco!

   “Bommie kompetisies” in die swembad gehou, vis gevang, “bull fights” gehou, geswem en sommer net gekuier! Toemaar ma, ons het ge-eet! Die seuns het ontbyt gemaak en die pa’s het vleis gebraai en ons het skottelgoed gewas, altans ek dink so?!

     Saterdag oggend is ons na die Mountain of Faith toe. Dit was’n fantastiese ervaring om saam met God die berg uit te klim en orals is daar teksverse wat jou laat dink.  Daar is ook afdraai paadjies, maar elkeen van hulle eindig in ’n doodloop. 

  Elkeen het getuig van hoe God op ‘n unieke manier met hulle gepraat het en in so ‘n kort tydjie lewens kom verander het!   Met Sondag se terugvoer het een van die seuns ons almal tot stilstand geruk met sy getuienis. “Hierdie naweek het ek besef  dat Jesus my Pappa is!”  Dit was ‘n wonderlike naweek. Dankie vir elkeen se aandeel in die sukses daarvan.

Fees van ‘n Gemeente Kamp
Wen ‘n Jag Naweek 2021 Wenner in Aksie
Plasing No 0125

Leave a Reply

Your email address will not be published.