Mindalore sluit haar 40e Feesjaar af met ‘n Dinee vir ’n Koning

Op 17 Januarie 1971 is ‘n nuwe babatjie gebore.  Hierdie babatjie is die dogter van die NG Kerk Witpoortjie. Vanjaar het die dogter haar Veertigste verjaarsdag gevier. In hierdie veertig jaar, het NG Kerk Mindalore baie wonderlike tye beleef wat gelei het tot geestelike groei en opgewondenheid, maar ook moeilike tye waar daar spanning was oor die voortbestaan van die gemeente.

 Hierdie gemeente is God se gemeente en met die leuse “No Limits with God”, wat deur die Jeug voorgestel is, word daar beslis ‘n intense afhanklikheid van ons as mense teenoor die Almagtige God bely.
Mindalore is ‘n gemeente wat trots is op haar rol in die koninkryk van God en dit beslis as ‘n uitdaging sien om ‘n verskil te maak in die omgewing waar sy geplaas is.

 Ons is uniek omdat ons ‘n gemeente is waar elke lidmaat die verantwoordelikheid aanvaar het om voluit vir God te leef. 

Ons Leier- Ouderling Annetjie Oelofse het met lof gepraat van hoe ‘n gemeente letterlik uit die stof verrys het deur harde werk en samehorigheid.
Anne-Marie Scheepers, Leier- Diaken het vir ons ‘n toekomsbelofte gegee van strome lewende water wat uit hierdie gemeente sal vloei en ‘n verskil sal maak in die omgewing.

 
Die dinee was ‘n baie deftige geleentheid om Veertigjaar van God se genade te vier. Weereens het Mindalore se lidmate gewys dat hulle hande en harte vir NIKS verkeerd staan nie.

Ons bring hulde aan elke lidmaat wat deel was van die sukses van die gemeente oor die afgelope Veertig jaar.
Ons bring veral hulde aan die Koning van die konings wat as gemeente seen, versorg, beskerm, lei en onderrig.

  Dankie vir almal wat betrokke was by die reël van die dinee en wat so hard gewerk het aan die sukses van die aand.

Dit was voorwaar ‘n dinee ter ere van ‘n Koning!

Soli Deo Gloria

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Dankbaarheid
Feesviering
Die verhaal van Tussen Ons

Plasing 0054

Leave a Reply

Your email address will not be published.