My Baadjie of My Vriendskap?

My Baadjie of my vriendskap?

(‘n Turkse Volksverhaal uit “Stories vir die lewe—Omnibus” Lux Verbi)

Daar was een aand ‘n feesmaal in die huis van Halil, die ryk man van die dorp.  Rabbi Moses is ook genooi, maar hy het die hele dag op die lande gewerk en dit was al sononder toe hy hom huis toe haas.  “Jy is laat,” roep sy vriende toe hy verby draf.   Die fees het al begin.” Dam moet ek maar reguit daarheen gaan, dink Moses, met my werksklere en al.

Maar by die huis van Halil wil die deurwagte hom nie inlaat nie omdat hy nie deftig genoeg aangetrek is vir die geleentheid nie.  Op sy protes antwoord hulle net dat hulle van Halil opdrag gekry het om net gaste wat gepas geklee is, toe te laat. 

Rabbi Moses het toe huis toe en trek sy beste baadjie aan.  Toe hy weer by sy gasheer se huis kom, laat hulle hom onmiddellik binne, heet hom plegtig welkom en vra hom om sy plek aan tafel in te neem.

Toe die voorgereg bedien word, begin die rabbi doodluiters van die sop in sy baadjiesak skep  Die mense het onderlangs na mekaar geloer, maar niks gesê nie.  Maar toe die hoofmaal bedien word, smeer die rabbi sy lapelle met groente en vleissous. En die hele tyd prewel hy: “Eet lekker, liewe baadjie.  Ek hoop jy geniet jou feesmaal.”

Later kan Halil dit nie meer hou nie, want nou is daar ‘n behoorlike opskudding onder die vername gaste. “Wat vang jy aan, rabbi Moses?” vra hy. “Waarom moet jou baadjie dan nou eet?”

“Hoekom is jy so verbaas daaroor? Vra die rabbi. Jy het dan my baadjie na jou maaltyd toe genooi!”

“Het jy nou mal geword?” Halil verstaan nie wat aangaan nie.  “Wel,” se Moses terwyl hy onverstoord van die nagereg by sy moue indruk, “toe ek met my gewone klere hier aankom, was ek nie welkom in jou huis nie,  Dus was my afleiding dat jy eerder my deftige baadjie as vir my as gas wou hê.

Nog Sielskos Vir Die Lewensreis
Geloofsvolharding
Pinkster 2021 – Die Heilige Gees 3
Geloof en Rykdom
Die Balk in Jou Oog
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Beskerming
Kies Vandag wie Julle wil dien
Plasing No 0319

Leave a Reply

Your email address will not be published.