Fees van ‘n Gemeentekamp

Gemeentekamp – 2011

As daar nou nog ‘n ding is wat die mense van Mindalore GOED kan doen, dan is dit om te kamp!

   Hierdie jaar was die gemeentekamp van 21-23 Oktober weereens ‘n wenner! Sestig lidmate was deel van die wonderlike ervaring!
Sewe kilometer buite Magalies lê die plekkie Eastco! ‘n Klein oase waar ons saam kon kuier, koffie drink, lag en die wonderlike genade van God beleef!

   Die naweek was vol lekker oomblikke, van etes wat genoeg was om ’n army te voed, tot geestelike voedsel wat die weermag van God gevoed het!  Soos 2 Timoteus 2 dit stel, ons is Soldate wat alles insit om die Bevelvoerder tevrede te stel!

   Die jongmense het ’n visvang ekspedisie aangepak en tot groot verbasing het Wynand sy eerste vis gevang! “Die gille kon ver gehoor word! Goed gedoen ou maat!
   Die waterglyplank was natuurlik menige se top tydverdryf, veral met Anne-Marie en Riaan (LOL)  se gille! Saterdag het Cecil ons kom leer skiet met ‘n Pyl en Boog. Die manne en dames het vinnig hul oeroue instink herontdek en sou maklik vir ’n nuwe Robin Hood fliek gebruik kon word.

   Baie van ons het net die ontspan en saam kuier geniet. Om net in die natuur te wees en die takbokkies dop te hou wat skugter naderkruip om ‘n eetdingetjie te bedel.
   Hierdie naweek het net weer bewys dat Mindalore geseënd is met mense wat lief is vir die Here en omgee vir mekaar.

   Dankie vir elke persoon wat op een of ander manier gehelp het die naweek. Van kosmaak tot kindertjies sonbrand room smeer. Dankie vir Oom Manie en Tannie Hettie en hul span vir al die reëlings.

  Ek kan nie wag vir September 2012 om weer deel te wees van so ‘n wonderlike naweek nie! 

  Jesus ons loof U, omdat U Mindalore so lief het!

“Manne” Kamp – 2012
Plasing No 0050

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *