n Vrou se Gebed

n Vrou se Gebed

“Here, gee my asseblief geloof soos Sara
 sodat ek seker kan wees van die dinge waarop ek hoop.
Gee my dan trane van hoop soos Hanna
Ek vra ook vir Ragab se waagmoed,
 sodat reg sal geskied.
Mag Debora se leierskap my help
om die regte keuses te maak.


… Ek vra ook klein bietjie van Delila se hart,
 sodat ek die duiwel sal kan uitvang.
Here, help dat ek soos Naomi,
nooit sal opgee nie.
Mag ek soos Orpa en Rut,
die mense wat ek liefhet,
 nooit in die steek laat nie.


Help asseblief dat ek soos Esra
 sal sorg dat “menslike tempels” herbou sal word.
Jesus, ek vra vir Koningin Ester se skoonheid
 maar laat dit asseblief van binne-in my uitstraal.
Laat die “Vrou van Spreuke 30” my naambordjie dra,
 en gee my asseblief krag om soos die
 meisie van Hooglied my man te bemin


 en Help dat ek sal klou
aan die ewige lewe
 soos Jaïrus se dogter.
Gee my ook asseblief
die vyf verstandige meisies se wysheid
om ekstra olie vir my lampie te vat,
 sodat ek altyd vir U skyn.


En die selfde wysheid
 om soos die arm vrou,
 alles wat ek besit, vir U te gee.

Laat my leer uit Eva se foute asseblief Liewe Heer,
 sodat ek die regte lewensbesluite sal maak.
Spreek deur my die goeie nuus
 van U wat lewe,
soos deur Maria Magdalena en ander Maria.


Here, en dan die vrou van alle vroue
… U mamma… Maria
Maak my asseblief bereid, net soos sy,
om my hele lewe en alles wat ek oneindig liefhet,
 vir U op te offer,
 want U is my gunsteling
 en ek wil ‘n vrou so na U hart wees!
Ek bid en vra dit in Jesus naam.

Amen”

Skrywer – Onseker – Tussen Ons – Augustus 2014

Nog Sielskos vir die Lewensreis

Keuses
Psalm Min Een
Psalm Min Twee
Gaan Dan Heen
Woestyn Pad
Kalahari Gebed
Die Groot Opdrag
Plasing No 0251

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *