Nuwe Krag

My liewe Boeties en Sussies
Ek luister vanoggend die liedjie van “Onbeskaamd” waarin hul sing: “…wag op die Here vir krag…”
 Dit wil vir my voorkom asof ek die afgelope ruk baie die boodskap vir ons kry om nie op ons eie dinge te probeer doen nie.
.
 Jesaja 40 v 31 sê “Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.”
Let daarop die Woord sê : “Nuwe Krag”. Dit beteken nie uitgewerk ou afgeleefde krag nie, maar nuwe krag. Die battery van “Vertroue in God” raak nooit pap nie.

Efesiërs 6 v 10 “Soek julle krag in die Here en Sy groot mag.”
Handelinge 1 v 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…”

Ons wil so dikwels dinge uit eie krag doen. Moenie. Wag op God! Sy tydsberekening is altyd reg.  
Hy gee krag, jy moet net wag.
Soms gee Hy dadelik maar baie kere moet ons wag. Asseblief moet nie op eie krag vertrou nie.
Moet ook nie op magtiges of wat ookal vertrou nie. Vertrou op God en die krag wat deur die Gees na ons Sy kinders kom.
Psalm 144 v 2 sê “U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting, en my redder, my beskermer by wie ek skuil.”

   Mag daar van Mindalore gesê word soos in Psalm 145 v 11 “Hulle vertel van U koninklike mag en getuig van U groot krag.”

   Mag God elke dag aan elkeen van ons die nuwe krag gee wat ons op daardie dag nodig het.

Groete,  

Duimpie

Nog Sielskos vir Die Lewenspad
Die Skild van Geloof
Geloofsvolharding – deel 4
God Hou Sy Woord en Beloftes
Julle Sal Krag Ontvang
Nuwe Plasings

Plasing No 0113

Leave a Reply

Your email address will not be published.