Paws for People

Goue Jeug word Ingelig en vermaak

Diere het maar net die manier om mense se lewens te verander.  Lesley de Klerk van “Paws for People” het vir ons Goue Jeug kom vertel hoe hulle in hospitale ingaan met die honde om die pasiënte te gaan besoek.  “Paws for People” is ‘n organisasie wat opgeleide honde na onder andere hospitale toe vat om terapie met die diere te gaan doen.  Hulle werk veral onder kinders met kanker.

  Navorsing het bewys dat wanneer mense diere streel, dan verlaag jou bloeddruk in die kortisol vlak in jou liggaam wat skadelik is, verminder baie.  Verder veroordeel diere nie mense op grond van hoe jy lyk nie, maar op wie jy is.

  Lesley het vir ons van ‘n paar gevalle vertel waar mense se lewens totaal verander het nadat hulle deur die terapie sessie met die honde was.  Een tannie het vir 6maande met niemand gepraat nie. Die hond het reguit na haar toe gestap en sy het lank met die hond gesels.  Die tannie is daardie middag oorlede.  Verder is daar verhale van mense wat baie siek was en gesond geword het nadat daar interaksie met die diere was.  Wat is ‘n mens sonder ‘n dier!

Kom word deel van die Goue Jeug vir nog baie interessante geselsies!

Goue Jeug Laat Waai met Pannekoek http://ngmindalore.co.za/goue-jeug-laat-waai-met-pannekoek/
Goue jeug Des 2011 Iets Uit Niks http://ngmindalore.co.za/goue-jeug-des-2011-iets-uit-niks/
Sweet Dreams – Skittervroue http://ngmindalore.co.za/sweet-dreams/
Plasing No 0325

Leave a Reply

Your email address will not be published.