Slagspreuke en Logos

Orals waar mens kom is daar “slogans” wat ‘n verhaal vertel. Elke besigheid het so ‘n slagspreuk sodat wanneer ons dit lees, ons kan weet wat die besigheid se doel is. Ek wonder hoeveel van julle jongmense weet waar ons kerk se embleem en ons slagspreuk “No-Limits” vandaan kom?  Die Jeug van 2006 het besluit om ‘n Jeug Groep op Vrydag aande te begin en hulle wou dit ‘n unieke naam gee, sodat hulle nie maar net as Mindalore Jeug moet bekend staan nie, en dit is waar die naam “No-Limits” toe gebore is.
 Die groep Jongmense het gesê dat wanneer jy ‘n kind van God is, is daar “No-Limits” in dit wat God in en deur jou kan doen. 

Betekenis van ons embleem.

Ons Logo is saamgestel uit 3 simbole as volg:

1) Sirkel: verteenwoordig dat Christus vir die hele wêreld gesterf het en dat God Drie-Enig alomteenwoordig is.  God se liefde is so oneiding soos ‘n sirkel.

2) Kruis: Jesus is die kern van ons gemeente se bestaan, en dat ons alleenlik gered kan word deur Jesus. Die twee openinge na die kruis, simboliseer dat almal VRYE TOEGANG tot God se GRENSLOSE verlossings genade het, deur Jesus Christus.

3) X: Die kruis vorm ook ‘n X wat weer aandui dat God ons vat tot op die eXtreme.

Slagspreuk: Die gemeente embleem bevat die woord “Grensloos” wat ook sê dat om te groei as gemeente en as persoon moet ons “grensloos” wees in ons geloof en dade.

Die Jeug se embleem bevat die woord “No-Limits” en bevestig dat hulle geen perke saam met Jesus het nie.

Kleure van ons embleem:

Silwer: (Kruis en Sirkel) Waarheid, Wysheid, Insig en Kennis

Groen: (Grensloos): Lewe en Groei

Oranje: (NG Mindalore) Lig (Laat jou lig straal vir Jesus.

Ons sal binnekort verdere weergawes van ons logos bysit insluitende die 40 Jaar en 50 Jaar Variante.

Bykomende interessante bladsye

Mindalore Jaartemas
Kinders dink anders – Deel 1
Die Boom
Jonk Maar ‘n Voorbeeld
Hoe Lyk Jou Psalm?
Psalm Min Een
Psalm Min Twee

Plasing 0282

Leave a Reply

Your email address will not be published.